Koe?lvaste klere kom na Suid-Afrika

Suid-Afrika beskik oor die twyfelagtige onderskeiding dat dit een van die vyf mees gevaarlike lande ter wêreld is, volgens Interpolstatistieke. Nog 'n baie gevaarlike land, Colombia, het die mode vir koeëlvaste klere laat onstaan wat ook deur Hollywood-persoonlikhede en Europese koninklikes gedra word.
Gisteraand h3t die Colombiaanse handelsmerk Miguel Cabellero sy reeks by Melrose Arch in Johannesburg bekendgestel. 'n Modieuse koeëlvaste baadjie om jou teen die volgende kaper se 9mm-pistool te beskerm sal 'n stywe R20 000 kos. Die klere is gemaklike en vir die Suid-Afrikaanse klimaat aangepas.

Beskermende panele wat tot outomatiese geweervuur van 'n Uzzi-submasjiengeweer kan weerstaan, word van 'n gepatenteerde kombinasie van nylon en poliëster gemaak. Vir diegene wat mesaanvalle vrees, kan mesbeskerming ook ingesluit word.

'n Baadjie is gisteraand opgeveil en die opbrengs aan die 8-jarige Courtney Ellerbeck geskenk wat as verlamde gebore is omdat 'n rower haar in haar ma se baarmoeder geskiet het.

интернет магазин одежды для новорожденныхАлександр Фильчаков