Vrou gee geboorte in hysbak

'n Vrou het geboorte gegee terwyl sy Sondagnag in 'n hysbak van die Johannesburgse Coronation-hospitaal vasgekeer was, het die Gautengse gesondheidsdepartement gister gesê.

Die Gautengse gesondheidsdepartement het bevestig dat die hysbak omstreeks tienuur Sondagaand met die swanger vrou, 'n vroedvrou en 'n portier binnekant vasgesit het.

Hulle is na anderhalf uur bevry. Teen daardie tyd het die vrou reeds geboorte geskenk.

Volgens 'n woordvoerder van die Gautengse gesondheidsdepartement Zanele Mngadi is die moeder en baba ongedeerd.

Dié jongste voorval volg op 'n reeks hysbakprobleme. 'n Dokter aan diens het drie weke gelede by dieselfde hospitaal vir meer as drie ure in die hysbak vasgesit nadat hy 'n pasiënt in sy spreekkamer gelos het.

детский транспорт ценаОлександр Фільчаков прокурор