Angola plaas beperkings op buitelandse diplomate

Angola gaan die beweging van buitelandse diplomate beperk voor aanstaande maand se parlementêre verkiesings.

Volgens 'n dokument wat aan die onafhanklike weekblad Novo Jornal gelek is, word daar van alle buitelandse ambassades verwag om drie dae voor die tyd kennis aan die minister van buitelandse sake te gee indien hulle buite die hoofstad Luanda sou reis.

Die beperking geld ook op reis vir ontspanning, sport of toerisme.

Die dokument sluit 'n herinnering aan artikel 41 van die Weense konvensie in wat diplomate daarteen waarsku om in die huishoudelike sake van 'n gasheerland in te meng.

Op 5 September gaan die heersende MPLA teen UNITA in die heel eerste verkiesing sedert onafhanklikwording te staan kom.

бассейн циркуляционный насосДанильченео