Skerpioene na bewering beheer deur die CIA en MI5

Sam Kikine, die hoof van die Internasionale Tradisionele en Medisynenavorsingsraad, het die Britse MI5 en die Amerikaanse CIA daarvan beskuldig dat hulle die Skerpioene oorheers.

Hy het gesê die Britse en Amerikaanse inligtingsorganisasies beheer die Direktoraat van Spesiale Operasies tydens die openbare verhoor oor die ontbinding van die direktoraat wat gister in Durban gehou is.

Hy wou weet waarom die Skerpioene nie vir Wouter Basson en die CIA wat Vigs geskep het, ondersoek het nie.

Kikine het gesê die Skerpioene is gelaai met staatsveiligheidsagente uit die apartheidtyd.

Volgens hom ondersteun die navorsingsraad die voorgenome wetgewing om die Skerpioene met 'n nuwe afdeling genaam die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek te vervang.

Lede van die publiek het tot 20 Augustus om hul geskrewe voorleggings teen die ontbinding van die eenheid in te handig.подоконниктопкарго

Maak 'n opvolg-bydrae