Nuwe variant van vo?lgriep in Nigeri? ontdek

'n Nuwe variant van voëlgriep is in Nigerië geïdentifiseer.

 

Volgens die VN-voedsel- en landboug-organisasie is die nuwe virus, wat soortgelyk is aan variante wat verlede jaar in Italië, Afghanistan en Iran aangetref is, geneties verskillend van ander vorme wat in Nigeriese uitbrake in 2006 en 2007 onderskei is.

Dit lyk onwaarskynlik dat wilde voëls die variant na Afrika geneem het aangesien vanjaar se suidwaartse migrasie na Afrika nog nie begin het nie.

Voëlgroep, of H6N1, het reeds meer as 60 lande geraak sedert die epidemie vyf jaar gelede in Asië begin het en die meeste nasies het dit reeds in pluimvee geëlimineer.

In Nigerië is voëlgriep gestuit nadat dit in 25 deelstate aangetref is.

магазин школьной одежды для девочекАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae