Oorlogspraatjies van Msholozi-ondersteuners

Image

Jacob Zuma

09:03:41 Zuma-ondersteuners het dit duidelik gemaak dat hulle bereid is om agter Msholozi te staan totdat hy president word.

Helen Zille sê die toon het verskuif van dreigende retoriek tot 'n volskaalse oorlogsverklaring deur voormalige soldate.

Hulle het 'n staatsgreep belowe indien die howe teen Zuma bevind, het sy gesê.

Die leier van die Onafhanklike Demokrate, Patricia de Lille, het ook 'n beroep op Zuma-ondersteuners gedoen om die grondwet, die onafhanklikheid van die regbank en die grondwethofuitspraak te eerbiedig.

Die Umkhonto we Sizwe-veteranevereniging se nasionale adjunksekretaris het gesê dat hulle seker gaan maak dat Zuma die volgende president word, ongeag enigiets anders. Volgens hom beteken geen Zuma, geen Suid-Afrika.

slot game onlineФільчаков Олександр Васильович