ANC-jeug wil hê Caster moet steeds as ”n meisie hardloop’

Die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, sê die organisasie gaan hom daarvoor beywer dat die omstrede 800m-atleet Caster Semenya steeds as “‘n meisie kan hardloop”.

Malema het gisteraand by ‘n dinee ter viering van die ANC-jeugliga se 65ste bestaansjaar by die Johannesburgse Buiteklub gepraat.

Die Jeugliga het Semenya en die die Wêreldkampioenskapsmedaljewenners Khotso Mokoena en Mbulaeni Mulaudzi vereer, met ‘n aantal ANC-politici soos Winnie Madikizela-Mandela en Matthews Phosa wat die geleentheids bygewoon het.

“As ons namens Caster praat, gaan dit nie oor haar nie, dit gaan oor die behandeling wat jong vroue ontvang, veral in ‘n landelike omgewing. Mense sien neer op hulle,” het hy gesê.

Malema het teen die “media in buitelandse besit” uitgevaar omdat daar negatief oor Semenya berig is.

“Ons moet die media in buitelandse besit troef wat ons daarvan wil weerhou om hierdie oorwinning te vier.”

Met verwysing na die Star-koerant, het hy gesê die rede waarom die koerante soveel negatiewe berigte oor die ANC-jeugliga bevat, is omdat hulle geen belang in Suid-Afrika het nie.

“Moenie oor persvryheid en sulke goed praat nie.”

Malema, wat in ‘n grap die regering ‘n subkomitee van die Jeugliga genoem het, het ook gesê hy glo dat die afrigter van die Bafana Bafana ‘n Suid-Afrikaner (m.a.w. ‘n swarte) behoort te wees.

“Die nuwe leierskap van SASV behoort erkenning aan swart leierskap in sport te gee,” het hy gesê. “Dis ‘n direkte ondermyning van ons kapasiteit en vermoë om leierskap te voorsien. Hoekom dink u daar is nie ‘n enkele persoon wat Bafana Bafana suksesvol kan afrig nie?”

игра для дивчатОлександр Васильович Фільчаков

Wat beteken ‘n naam?

Die ANC-regime is al weer uit op ‘n kinderagtige veldtog van naamsveranderinge. Naamsveranderinge is uiteraard niks anders nie as pure afguns vanuit die oord van diegene wat die vernietigers van welvaart en die beskawing is, wat nooit op hul eie iets tot stand kon bring nie.

Dit help egter nie om hierteen te skop nie. As ‘n goeie passasier op die sneltrein Suid-Afrika wat toenemend spoed optel op sy spoor na ‘n piesangrepubliek, het ek dus besluit om ‘n paar veranderinge van my eie voor te stel.

Glenn Agliotti se woonplek, Bryanston, word Chicago.

“Regter” Nkola Motata se geboorteplek word na Bordeaux herdoop.

Kameraad Blade Nzimande, kaviaarkommunis en nouveau-Wabenzi, se geboorteprovinsie, Kwazulu Natal, sal van nou af Beiere heet.

Jacob Zuma, wie se party na bewering sal regeer tot die Wederkoms, se geboortedorp, Nkandla, word herdoop na Nasaret.

Schabir Shaik, wat aan die terminale toestand bekend as die lewe ly, se buurt Berea in Durban, word Betanië (gaan lees Johannes 11).

Julius Malema se geboortedorp, Seshego, word Houtbaai. (Ek weet daar is geen see naby Pietersburg nie, maar ek kon dit kwalik Houtkop noem, nie waar nie?)

Lees Anton Barnard se gereelde kommentaar op die woernaal SAmizdat.

play casinos onlineДанильченко

Malema gaan vir Nedbank ‘n les leer

Die ANC-jeugliga wil swart Suid-Afrikaners mobiliseer om hul Nedbankrekeninge toe te maak indien die banke in gebreke bly om die borgskap wat dit onlangs van Atletiek Suid-Afrika onttrek het, weer in te stel, het die liga se president Julius Malema Maandag gesê.

“Toe ons Nedbank se senior bestuurders gebel het om die saak met hulle te bespreek, het hulle junior swart bestuurders gestuur. Ons sal hulle ‘n les leer indien hulle hiermee voortgaan. Ons sal mense mobiliseer om hulle geld te onttrek en by ander banke te gaan bank,” het Malema aan duisende studente aan die Universiteit van Zoeloeland gesê.

Nedbank se besluit om swart bestuurders te stuur om met jeugligaleiers te onderhandel, kom neer op ‘n strategie om swartes teen swartes op te stel, het hy gesê.

“Ons wil met die senior bestuurders en die HUB onderhandel. As hulle nie na ons toe kom nie, sal ons die massas mobiliseer. Ons kan dit maklik doen want ons het meer as 600 000 lede,” het hy gesê.

Dit was verkeerd van Nedbank se base om die borgskap te onttrek as hulle nie gelukkig was met Atletiek Suid-Afrika se base nie.

Die bank het sy borgskap in die naloop van die Caster Semenya-geslagstoetsomstredenheid onttrek.

“Ons sal hulle ‘n les leer oor die mag van die massas. Hulle mag geld hê maar ons kan hulle oorwin omdat ons die massas aan ons kant het.”

In kommentaar op die stelling van die Reserwebankgoewerneur Tito Mboweni dat Suid-Afrika nie myne gaan nasionaliseer nie, het Malema gesê dat die uitgaande goewerneur nie ‘n goeie posisie sou kry indien hy met sulke stellings volhard nie.

“Ons wil nie Tito se verklaring sien dat myne nie genasionaliseer gaan word nie. Tito is niks in die ANC nie. Indien hy so aangaan, sal hy nie ‘n lekker ontplooiing ontvang nie.”

Die jeugvleuel sal verseker dat Suid-Afrikaanse myne genasionaliseer word sodat die rykdom wat sodoende verkry word vir dienslewering gebruik kan word.

“Ek wil vir u sê dat die belasting alleen vir mense kan sorg. In Botswana besit De Beers 49% en die regering besit 51%. Die geld wat deur die myne geproduseer word, word gebruik om die lot van mense daar te verbeter.”

Malema het gesê dat die ANC alreeds vir ‘n lang tyd Mboweni dophou en dat sy kontrak as goewerneur weens sy gedrag nie hernieu is nie.

“Ons weet dat hy sekere sienings oor president Jacob Zuma voor die ANC se Pietersburgkonferensie gekoester het. Ons weet dat hy nie van Zuma gehou het nie.”

Daar was ‘n mediastorm toe Malema die eerste keer ‘n paar maande gelede ‘n beroep gedoen het dat myne genasionaliseer word.

Malema se besoek aan die universiteit was deel van die ANC se studenteorganisasie, Sasco, se pogings om steun voor die SR-verkiesing te werf.

Hy het die studente gemaan om nie vir die Inkatha-vryheidspartygesinde studenteorganisasie, Sadesmo, te stem omdat dié liggaam geweld predik.

“Jy kan nie vir mens stem wat met geweld dreig nie. As hulle (die IVP en sy studentevleuel) nie wen nie, kla hulle oor ‘n gekookte verkiesing,” het Malema gesê, met verwysing na onlangse verkiesings aan die Mangosuthu-universiteit van Tegnologie (MUT).

Sadesmo het hom aan die stemtellery onttrek ná die MUT-verkiesing verlede week en gekla dat die verkiesing oneerlik was.

Omtrent 60% van die tellery was reeds afgehandel en Sasco was voor. Daar is gevrees dat geweld aan die MUT sou uitbreek op die vooraande van die eksamens, het hy gesê.

“Buthelezi het sy jeug geleer om demokratiese prosesse te verwerp. Nou predik hulle geweld. Hulle dink dat geweld en intimidasie ons bang sal maak.”

Malema het gesê die jeugvleuel is nie bang vir die IVP nie en dat vryheid teen ‘n hoë prys gekom het.

“Ons is nie bang vir enigiemand nie. Ons respekteer maar ons vrees nie.”

Hy het IVP-leier Mangosuthu Buthelezi as ‘n “fabrieksfout” bestempel en gesê dat hy die ANC verraai het deur saam met die apartheidsregering te werk.

Hy het ook die Demokratiese Alliansie-leidster, Helen Zille, as “vals” bestempel omdat sy botox gebruik het.

полиграфЛобановский

Nasionale Braaidag met Malema

Vandag, soos elke jaar die 24ste September, is die Afrikaners se Nasionale Braaidag. Dit is die dag waarop ons ons braaikultuur ten toon stel, en vir die wêreld wys hoe ‘n gekultiveerde spul ons is. Veral met die kookkuns.

Elke jaar gaan die Afrikaners se kookkuns aansienlik en met rasse skrede vooruit. Onthou, ons is afstammelinge van die Nederlanders, wat deur die handelsbedrywighede van die VOC, Jan van Riebeeck se werkgewers, met speserye wêrelddele verower het.

Speserye is in ons bloed. Dink maar aan ons geliefde boerewors. Dié kan jy Saterdae by vele vlooimarkte, voor Builders Warehouse, slaghuise, en menige ander plekke koop. Tydens kerkbasare, kan jy ook boereworsrolletjies te koop kry. Boerewors het selfs in advertensies van Komati-slaghuis al verskyn met ‘n : “Komati-slaghuis sit ‘n wip in jou wors !”

Dan kry jy ook by die Afrikaners natuurlik biltong. Daardie lekkerny wat ontstaan het toe die Nederlanders vleis sonder ‘n yskas moes bewaar tussen Nederland en Kaapstad, met die hulp van speserye. En dit was die Afrikaners se stapelvoedsel toe hulle guerilla-oorlogvoering onder leiding van generaal De la Rey uitgedink het, en die Britte op die slagveldore aangesit het.

Vandag is biltong in baie lande ‘n delikatesse.

En een van die hoofbestanddele van beide boerewors en biltong is natuurlik koljander. In Brittanje, Australië, Kanada en Nieu-Seeland waarheen Afrikaners heen verhuis, is koljander-speserye baie gesog. Die rede is dat Afrikaners mededeelsame mense is wat hulle erfenis met ander kulture deel, ter wille van die nageslag.

Soos almal weet, kan hulle nie hul Nasionale Braaidag dan Erfenisdag noem en vier nie. Want die Afrikaners se erfenis in Suid-Afrika is bykans alles verwoes deur die ANC regering in sy pogings om ons nasionale identiteit uit te wis.

Maar vandag word Nasionale Braaidag verder in my huishouding gevoer. Ek vier elke dag Nasionale Braaidag met Malema. Elke jaar word gewone vleis omskep in ‘n fynproewersdis, en net die gedagte daaraan laat smulpape hul lippe aflek.

Malema se teenwoordigheid is natuurlik die geheim, en ‘n voorvereiste. Hy verander alles as deel van die kooktegniek, tot ‘n fynproewersdis. Vanjaar is dit tyd vir afval en spesifiek daardie stinkende pens, met die vars beesmis wat nog daaraan kleef, se beurt om deur Malema verander te word, en as fynproewersdis op die lekkerbekke se borde te verskyn.

Die houtvuur word al die oggend gemaak. Dit moet aan die gang bly vir ten minste 5 ure. Dan word Malema nader getrek vir die voorbereiding. Eers word die uie in kookolie gebraai. Rooiwyn is deel van die sous. Op ‘n stadium word die stinkende afval ingewerk, en aan Malema oorgelaat om dit sag te kry, ongeag hoe taai en oneetbaar dit ook al aan die begin is. En dan word daar gekuier terwyl die proses aan die gang is.

En dan wanneer die heksebrousel lank genoeg gestook is, kyk ons of dit gaar en sag is. Indien wel, dan trek ek Malema, my driebeenkafferpot, van die vuur af, en deel nog ‘n aspek van ons smaaklike Afrikanererfenis met ‘n klomp smulpape.

Jaar na jaar, kan my vriende nie wag dat ek Malema nadertrek om sy funksie te verrig nie.

mosoblburenie.ruлобановский депутат

Wie is te blameer vir regstellende aksie?

Thabo Mbeki se broer, Moeletsi Mbeki, maak ‘n interessante opmerking in sy boek Architects of Poverty. Mbeki meen dat dit in die belang van blanke sakelui aan die stuur van groot organisasies is om swart rassebewussyn aan te vuur. Vir so lank as wat Jimmy Manyi en sy soortgelykes “rassisme!” skree, so lank sal besighede vermeende blanke rassisme as voorwendsel kan gebruik om regstellende aksie toe te pas.

Die voordeel vir die sakelui is dat die bevordering en aanstelling van onproduktiewe parasiete op grond van velkleur, en nie bekwaamheid nie, baie gewild is onder die swart middelklas. Wie sou nou nie rykdom wat op ‘n skinkbord aangebied word, met albei hande wou aangryp nie? Ek maak terloops hier die voorspelling dat daar geen kans is dat regstellende aksie onder die ANC regime geskrap sal word nie. Dit is hier om te bly. Indien daar nie hierdie aansporing vir die swart middelklas was nie, meen Mbeki, sou groot besighede nasionalisering in die gesig gestaar het. Hoe kwater die swartes egter is vir die verbeelde rassisme van die blankes, hoe meer hulle aandring op “regstelling”, hoe beter vir die vetkatte aan die stuur van Anglo, Sanlam en Old Mutual.

Let op dat ek geskryf het groot besighede. Klein besighede, wat onder druk is in die huidige resessie, kan dit nie bekostig om passasiers aan boord te hê nie. ‘n Organisasie so groot soos Sanlam kan dit bekostig om parasiete te dra, omdat die impak van hulle onproduktiwiteit nie so erg is nie. Die eienaars van klein sakebelange wat nie daardie luukse het nie, is gevolglik baie meer gekant teen regstellende aksie as wat groot sake-eienaars is.

Dit sou uiteraard onmoontlik wees vir die ANC-regime om regstellende aksie toe te pas, was dit nie vir die vrywillige samewerking van die eienaars van groot besighede nie. Soos hierbo aangetoon, behels dit egter veel meer as blote samewerking. Daar is aktiewe aanmoediging. Die meeste van die eienaars van groot besighede is blankes. Jode is ook buite verhouding met hul getalle die eienaars van sulke ondernemings.

Mens kan tot ‘n mate verstaan waarom swartes rassistiese praktyke ten bate van hul mede-swartes wil toepas, alhoewel dit onregverdigbaar is, veral wanneer daar hoog opgegee word oor die monochrome reënboognasie se sogenaamde nie-rassigheid. Dis egter onvergeeflik dat blanke sakelui bereid is om hulle mede-blankes as gevolg van die mees siniese eiebelang uit te verkoop. Dis asof Joodse sakemanne in Nazi-Duitsland aan die stuur sou wees van IG Farben, die firma wat Zyklon B vervaardig het.

Ná die Tweede Wêreldoorlog is die eienaars van IG Farben vir hul misdade vervolg. Ek sou nie verbaas wees as die siniese blanke sakelui wat meegedoen het aan die huidige swart-op-blanke rassisme ook in die toekoms die woede van die blankes wat onder hul verraad gely het, moet verduur nie. Wanneer Afrikaners die dwingelandy van die rassistiese ANC regime afskud, sou ek nie verbaas wees as ‘n hele aantal van hierdie blanke verraaiers landuit vlug nie.

Volgende keer as jy jou wil opwerk oor Julius Malema of Jimmy Manyi se uitlatings, dink weer. Miskien moet jy eerder kwaad wees vir die blanke direkteure van groot sakeondernemings. Die ekwivalent van die mitiese Illuminati in Suid-Afrika, die poppemeesters wat werklik agter die ANC se rassistiese praktyke sit, is moontlik daardie wit mans op die boonste vloer in jóú kantoorgebou.

Lees ook Anton Barnard se woernaal, SAmizdat.

zishao детская одеждадепутат лобановский

Malema rand glo polisiereservis aan

Beweringe dat Julius Malema ‘n polisiereservis aangerand het wat sy deurnagpartytjie kom bederf het, is deel van ‘n komplot wat deur Helen Zille en haar opposisie uitgedink is.

Dit was een van Malema se antwoorde op die nuus wat gister gelek is van die wilde daknatmaakpartytjie in Sandton.

Malema het buite die Johannesburgse Landdroshof aan sy aanhangers gesê hulle het geen toestemming nodig om op die sypaadjie te vergader nie. Die hofsaal waar sy haatspraakverhoor tans gehou word, is te klein en daarom mag sy ondersteuners buite vergader, het hy gesê.

“Die polisie wil toestemming hê! Watter toestemming?” Die ANC se jeugligapresident het voorts geskree dat “niemand hulle moet uitdaag nie, want dan gaan die polisie kla dat hulle aangerand word”.

Die skare het die jeugleier se dreigemente met vreugde en ‘n gelag begroet.

Hy het aan die skare gesê daar is ‘n “permanente agenda” om die leierskap van die jeugliga te ondermyn.

Malema het ook uitgevaar teen die Star-koerant wat die insident gerapporteer het omdat hulle nie die naam van die reservis genoem het in die berig nie. “Hoe kan julle so ‘n berig doen?” Hy het gesê hy reageer nie op gesiglose aantygings nie en die “spioene” van Zille blameer vir die berig.

‘n Saak van aanranding is Maandag teen Malema aanhangig gemaak by die Bramley-polisiestasie, volgens supt. Eugene Opperman.

Volgens die Star het die drank Saterdagaand gevloei by die nuwe huis in Sandown, Sandton en brullende Harley-Davidson motorfietse het die rus in die stil woonbuurt versteur.

Nadat die bure gekla het, is die partytjie 4uur die oggend deur die polisie gestaak. Maar nie voordat Malema en sy lyfwagte ‘n polisiereservis, die buurman, aangerand het nie.

Book of Fortuneлобановский александр харьков