Die nuwe Suid-Afrika se bekendste probleem is ‘n nuwe probleem sonder apartheidspresedent, naamlik: die gebrek aan, en erg eskalerende koste van krag. Elektrisiteit hou nie maar net die liggies aan nie, maar is die kardinale lewenstroom van ‘n nywerheidsland soos ons s’n wat oor minerale, smelterye en diep myne beskik. Boonop is die Kaapprovinsies, wat
McBride kom los
Robert McBride, voormalige Ekurhuleni-metropolisiehoof, is vrygespreek het Volksblad berig. Hy is Donderdagoggend in die Pretoriase hooggeregshof nie skuldig bevind op die klagtes van dronkbestuur en poging tot regsverydeling nie. McBride is voorheen tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir dié oortredings. McBride het teen sy skuldigbevinding en vonnis van September 2011 geappelleer. Regter Cynthia Pretorius het
Lyk van sakeman met Zuma-bande in rivier gevind
Die lyk van ‘n vooraanstaande KwaZulu-Natalse sakeman is in die Tugelarivier in die provinsie gevind, het die polisie gesê. Lt.kol. Vincent Mdunge sê inwoners het die lyk opgemerk en die polisie in kennis gestel. “Hy het talle steekwonde opgedoen.” Eyewitness News het die oorlede geïdentifiseer as Nhlanhla Gasa, wat met pres. Jacob Zuma verbind word.
Lees verder: Lyk van sakeman met Zuma-bande in rivier gevind
Mandela met longontsteking opgeneem
Voormalige staatshoof Nelson Mandela is Woensdagaand weens longinfeksie in die hospitaal opgeneem, het die presidensie gesê. Mandela is glo Woensdagaand kort voor middernag opgeneem. “Dokters kyk na hom en verseker dat hy die beste moontlike behandeling ontvang en gemaklik is,” het Nuus24 berig. Pres. Jacob Zuma het Mandela ‘n spoedige herstel toegewens. “Ons doen ‘n
BRICS – ‘n geleentheid vir die Afrikaner?
Tot gisteraand redelik laat was ek in gesprek met ‘n jong Russiese PhD-student uit Moskou wat navorsing oor Afrikaans en Afrikaners doen. Dit het toevallig op dieselfde dag gebeur as wat die BRICS-konferensie in Durban tussen die regerings van Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika plaasgevind het. Die gesprek, maar ook alles wat daar die
Egipte vang Internetkabelsaboteurs
Egipte se kuswag het drie duikers gevang wat ‘n ondersese Internetkabel Woensdag deurgesny het, het die weermag gesê. Dit is die eerste aanduiding dat misdadigers betrokke kan wees in die probleme met verbindings en ontwrigtings aanlyn. ‘n Vissersboot is naby die Middellandse hawestad Alexandria gestop deur die Egiptiese kuspatrollie en drie duikers is in hegtenis geneem,
Resies vir hulpbronne in SAR
Terwyl talle vrae opduik oor Suid-Afrika se militêre betrokkenheid in die oorloggeteisterde Sentraal-Afrikaanse Republiek, het dit na vore gekom dat maatskappye met skakels na invloedryke politici en sakemanne gretig is om olie en minerale in die streek te ontgin. Ten minste een maatskappy, Divine Inspiration Group Oil wat besit word deur invloedryke sakevrou Andrea Brown
Rotbendes val Kapenaars aan
Yslike rotte wat in groepe aanval is besig om die inwoners van ‘n Kaapse losieshuis te terroriseer, het die Cape Argus Woensdag berig. Lundi Galanda, van die Dura-losieshuis in Langa op die Kaapse Vlakte, het aan die koerant gesê sy kan snags hoor hoe die rotte aan die voordeur krap. “Hulle oë skyn soos die
‘Vermeende’ stropers doodgeskiet
Drie vermeende renosterstropers is doodgeskiet ná ‘n konfrontasie met wildbewaarders in die Krugerwildtuin, het die Valke Donderdag gesê. Kaptein Paul Ramaloko het gesê die wildbewaarders het omstreeks 18:00 Woensdagaand ‘n skoot hoor afgaan. Hulle het op drie Mosambiekers in hul 20’s afgekom en ‘n skietery het uitgebreek. Die wildbewaarders is nie in die voorval gewond
Rusland, SA skep platinum-handelsblok
Rusland en Suid-Afrika, wat saam sowat 80 persent van die wêreld se reserwes van die platinumgroep metale beheer, beplan om ‘n handelsblok te skep soortgelyk aan OPUL om die vloei van uitvoere te beheer. “Ons doel is om ons aksies te koördineer om ooreenkomstig die markte uit te brei vir die realisering van hierdie metale,”
