Indiese juwelier wil SA se goudbedryf help

‘n Groot juweliersmaatskappy in Indië, kan moontlik in Suid-Afrika begin sake doen en mense oplei in juweliersontwerp. Die voorsitter van die Shree Ganesh Juweliershuis in Kolkata in Indië, Nilesh Paruk, woon die Brics-beraad in Durban by en sê hulle bekyk moontlikhede in die mynbedryf in Suid-Afrika. Paruk sê Indië voer die meeste van sy goud

Lees verder: Indiese juwelier wil SA se goudbedryf help

Menslike weefsel in vleis gevind

Wetenskaplikes het spore van menslike weefsel in vleis bedoel vir openbare verbruik gevind, maar dit hou “geen bedreiging” vir die verbruikers wat dit eet in nie. Dit is ook bevind dat slegs 15% van die vleis wat verkoop word korrek gemerk is, wat beteken dat 85% van die vleis in die mark is twyfelagtig. Die

Lees verder: Menslike weefsel in vleis gevind

SA-soldate in SAR verraai!

Die eerste Suid-Afrikaanse soldate in die Sentraal-Afrikaanse Republiek is nie doodgeskiet deur die rebelle nie, maar deur muitende regeringsmagte in opstand teen president Francois Bozize. Verslae het intussen na vore gekom oor hoe noukeurig georkestreerde aanvalle beplan en uitgevoer is deur SAR-regeringsoldate op die Suid-Afrikaanse troepe, hul sogenaamde bondgenote wat vir die afgelope ses jaar

Lees verder: SA-soldate in SAR verraai!

Hospitale in SAR verlate, rebelle neem beheer

Hospitale in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) is sonder mediese personeel en burgers verkies om in hul huise te bly, selfs al is hulle gewond, het die hulporganisasie Medecins Sans Frontieres (MSF) Dinsdag gesê. Dit volg nadat die selferkende president van die land die grondwet nietig verklaar het. Ná die militêre staatsgreep deur die Seleka-rebellekoalisie het

Lees verder: Hospitale in SAR verlate, rebelle neem beheer

Name bekend van gesneuwelde soldate in SAR

Die 13 Suid-Afrikaanse soldate wat dood is in gevegte met rebelle in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) is Dinsdag deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) bekendgemaak. Volgens die SANW is korporaals Mokgadi Darius Seakamela en Ntebaleng Andrew Mogorosi en onderkorporaals Daniel Sello Molara en Lukas Mohapi Tsheke onder Sondag se slagoffers. Die soldate wat dood is,

Lees verder: Name bekend van gesneuwelde soldate in SAR

Brit doodgeskop in rugby-onderonsie

‘n Britse man van die Verenigde Koninkryk is dood  toe ‘n woordewisseling in geweld ontaard het buite die Absa-stadion in Durban, het die polisie gesê. Die voorval het ná die wedstryd tussen die Rebels en die Sharks plaasgevind. “‘n Stryery het tussen ‘n groep mense ontstaan. Ons weet nie wat die geveg veroorsaak het nie,”

Lees verder: Brit doodgeskop in rugby-onderonsie

Bankrot IDASA sluit deure

Idasa het “met leedwese”, die sluiting van hulle “gerespekteerde organisasie” aangekondig. Die raad het die “onvermydelikheid van die veranderende omstandighede” as rede aangevoer vir die sluiting. Die organisasie is bankrot. ‘n Aansoek sal op 2 April by die Noord Gauteng Hoërhof vir die likwidasie van Idasa aangehoor word. Dit sal gebeur tensy aansienlike onmiddellike bykomende

Lees verder: Bankrot IDASA sluit deure

Brics beskuldig van neo-kolonialisme

China se Ontwikkelingsbank gaan sowat 45 miljard rand aan Transnet leen om Suid-Afrika se verouderende spoorweë op te gradeer. Die nuusagentskap Reuters berig dat ‘n amptelike aankondiging oor die transaksie by die BRICS-beraad in Durban gedoen sal word. Transnet vervoer produkte soos steenkool en ystererts vir uitvoer na die grootste hawens. Die maatskappy beplan om

Lees verder: Brics beskuldig van neo-kolonialisme

EU lig sanksies teen ‘voorbeeldige’ Mugabe

Die Europese Unie (EU) het die meeste sanksies teen Zimbabwe opgehef as beloning vir die vreedsame referendum vroeër die maand. Volgens RSG is pres. Robert Mugabe en sy vrou egter steeds op die sanksielys saam met amptenare van die land se weermag. Die EU het gesê die opheffings dui op ‘n grootskaalse skuif in sy

Lees verder: EU lig sanksies teen ‘voorbeeldige’ Mugabe

Indiese politieke leier sterf in sluipmoord

‘n Leier van ‘n politieke party is Dinsdag by sy huis in die Indiese hoofstad Nieu-Delhi doodgeskiet, het die polisie gesê. Deepak Bhardwaj, van die Bahujan Samaj Party, ‘n groot party wat aktief is in die land se mees dig bevolkte staat, Uttar Pradesh, is by sy plaashuis deur drie ongeïdentifiseerde mans vermoor. Die 61-jarige,

Lees verder: Indiese politieke leier sterf in sluipmoord