Die Europese Unie (EU) het die meeste sanksies teen Zimbabwe opgehef as beloning vir die vreedsame referendum vroeër die maand.
Volgens RSG is pres. Robert Mugabe en sy vrou egter steeds op die sanksielys saam met amptenare van die land se weermag.
Die EU het gesê die opheffings dui op ‘n grootskaalse skuif in sy benadering tot Zimbabwe.
Mugabe het egter gesê slegs die algehele en onvoorwaardelike ophef van sanksies sal vir hom aanvaarbaar wees omdat dit tot die land se ekonomiese probleme gelei het.
Sanksies is in 2003 teen Zimbabwe weens menseregteskendings ingestel.
Mugabe is verantwoordelik vir die volksmoord waarin duisende Ndebeles omgekom het.
