China se Ontwikkelingsbank gaan sowat 45 miljard rand aan Transnet leen om Suid-Afrika se verouderende spoorweë op te gradeer.
Die nuusagentskap Reuters berig dat ‘n amptelike aankondiging oor die transaksie by die BRICS-beraad in Durban gedoen sal word.
Transnet vervoer produkte soos steenkool en ystererts vir uitvoer na die grootste hawens. Die maatskappy beplan om tot 300 miljard rand oor sewe jaar te belê om sy spoorweë en hawens uit te brei en uitvoere ‘n hupstoot te gee.
Die BRICS-lande is daarvan beskuldig dat hulle besig is om Afrika tussen hulle te verdeel. Dit was die boodskap van die meer as 200 afgevaardigdes van nie-regeringsorganisasies wat ‘n konferensie in Durban bywoon.
‘n Direkteur van GroundWork, Bobby Peek, sê die BRICS-lande doen niks anders as die voormalige koloniale magte nie.
