Name bekend van gesneuwelde soldate in SAR

Die 13 Suid-Afrikaanse soldate wat dood is in gevegte met rebelle in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) is Dinsdag deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) bekendgemaak.

Volgens die SANW is korporaals Mokgadi Darius Seakamela en Ntebaleng Andrew Mogorosi en onderkorporaals Daniel Sello Molara en Lukas Mohapi Tsheke onder Sondag se slagoffers.

Die soldate wat dood is, is:

Lesego Maxwell Hertzog,

Zamani Jim Mxhosana,

Xolani Dlamini,

Vusumzi Joseph Ngaleka,

Karabo Edwin Matsheka,

Khomotso Paul Msenga,

Maleisane Samuel Thulo,

Motsamai William Bojane,

Thabiso Anthon Phirimana.

“Die SANW wil ook bekendmaak dat die lid wat as vermis aangemeld was lewend gevind en gesond is,” het die SANW in ‘n verklaring gesê.

Maak 'n opvolg-bydrae