Brit doodgeskop in rugby-onderonsie

‘n Britse man van die Verenigde Koninkryk is dood  toe ‘n woordewisseling in geweld ontaard het buite die Absa-stadion in Durban, het die polisie gesê.

Die voorval het ná die wedstryd tussen die Rebels en die Sharks plaasgevind.

“‘n Stryery het tussen ‘n groep mense ontstaan. Ons weet nie wat die geveg veroorsaak het nie,” het lt.kol. Vincent Mdunge

Daar was ‘n vuisgeveg, wat die dood van ‘n man veroorsaak het.

“Die 28-jarige man is met geslaan en geskop. Hy het weens sy beserings gesterf.”

Die polisie het gesê hulle is in verbinding met die ambassade.

Die Durban-Sentraal-polisie ondersoek ‘n saak van moord en verklarings word afgeneem van getuies, het Mdungane gesê.

Niemand is in hegtenis geneem nie.

Die Sharks (Pty) Ltd. het in ‘n verklaring gesê nooddienspersoneel by die stadion het probeer om die geveg te stop.

“Ons het ons eie interne ondersoek gedoen en is tevrede dat ons gekontrakteerde diensverskaffers, Fidelity Security en ER24, alles moontlik gedoen het om die geveg te stop,” het Brian van Zyl, uitvoerende hoof, gesê.

Maak 'n opvolg-bydrae