Indiese juwelier wil SA se goudbedryf help

‘n Groot juweliersmaatskappy in Indië, kan moontlik in Suid-Afrika begin sake doen en mense oplei in juweliersontwerp.

Die voorsitter van die Shree Ganesh Juweliershuis in Kolkata in Indië, Nilesh Paruk, woon die Brics-beraad in Durban by en sê hulle bekyk moontlikhede in die mynbedryf in Suid-Afrika. Paruk sê Indië voer die meeste van sy goud vanaf Suid-Afrika in en invoere het verlede jaar 60-miljard dollar beloop.

Hy sê dié land het tot onlangs nie die infrastruktuur gehad om sy eie goud te verwerk nie.

Paruk sê hulle gaan kantore open in Suid-Afrika, Ghana en Botswana, en hoop dat hulle die regering hul tegemoet sal kom met ‘n goeie prys vir dié onverwerkte edelmetaal.

Maak 'n opvolg-bydrae