SA-soldate in SAR verraai!

Die eerste Suid-Afrikaanse soldate in die Sentraal-Afrikaanse Republiek is nie doodgeskiet deur die rebelle nie, maar deur muitende regeringsmagte in opstand teen president Francois Bozize.

Verslae het intussen na vore gekom oor hoe noukeurig georkestreerde aanvalle beplan en uitgevoer is deur SAR-regeringsoldate op die Suid-Afrikaanse troepe, hul sogenaamde bondgenote wat vir die afgelope ses jaar opleiding en toerusting aan hul eweknieë verskaf het.

Die R1-miljard opleidingsmissie, volgens na DefenceWeb, was bedoel om die vaardighede van 1300 SAR-soldate te slyp, en het die verskaffing van wapens en ammunisie ingesluit.

Dit is hierdie wapens wat teen die Suid-Afrikaners gebruik is deur die muiters van SAR.

SANW-woordvoerder, brigadier-generaal Xolani Mabanga het Dinsdag geweier om kommentaar te lewer.

“Ons sal nie reageer op hierdie inligting of hierdie bewerings nie,” het hy gesê.

The Times verstaan ​​dat wisselvallige lone aan SAR-soldate bygedra het tot spanning binne die weermag.

Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerders, in ‘n klaarblyklike massiewe opbou van militêre slaankrag, het ‘n reuse-Ilyushin-76 uit Pretoria se Waterklooflugmagbasis verlede nag laat opstyg. Die Russiese maatskappy wat gebaseer is in Afrika, is op pad na Entebbe in Uganda, waar, volgens SANW bronne, ‘n opbou van magte aan die gang is.

‘n Senior beampte het gesê dat die slaankrag sal helikopters en troepe insluit.

‘n Militêre mediese fasiliteit word volgens bronne  in Uganda beplan.

Dit is die ergste dodetal vir Suid-Afrika sedert die Angolese grensoorlog, het die SA Nasionale Weermagunie gesê.

Pikkie Greeff van die Unie het gesê: “Ons troepe, wat aan ons gedetailleerde rekenskap gegee het van wat gebeur het, is woedend … hulle is belieg vanaf die aanvang van hul ontplooiing in Januarie Toe hulle daar aankom, is hulle meegedeel dat hulle nie daar is vir opleiding of die beskerming van militêre bates nie.

“Hulle was onder streng instruksies om Suid-Afrikaanse bates, toerusting, eiendom en Suid-Afrikaners te beskerm en te beveilig.”

Greeff het gesê dat dit nodig is om dadelik vas te stel aan wie die bates behoort het en waarom dit nodig was om die beskerming van die elite troepe te eis. “Die manier waarop hierdie troepe deur SAR-magte aangeval is, toon daar was iets strategiese omtrent hulle. Ons troepe is doelbewus aangeval en dit blyk met opleiding en wapens wat deur ons verskaf is.”

Greeff het gesê: “Die publiek is belieg … nie net oor wat ons troepe daar doen nie, maar ook oor hoe hulle gesterf het. Dit is ‘n blatante toesmeerdery … die president skuld die gesinne en die land antwoorde. “

Maak 'n opvolg-bydrae