‘Vermeende’ stropers doodgeskiet

Drie vermeende renosterstropers is doodgeskiet ná ‘n konfrontasie met wildbewaarders in die Krugerwildtuin, het die Valke Donderdag gesê.

Kaptein Paul Ramaloko het gesê die wildbewaarders het omstreeks 18:00 Woensdagaand ‘n skoot hoor afgaan.

Hulle het op drie Mosambiekers in hul 20’s afgekom en ‘n skietery het uitgebreek.

Die wildbewaarders is nie in die voorval gewond nie, het Ramaloko gesê.

‘n Jaggeweer en ammunisie is op die toneel gevind.

Ramaloko het gesê die wildbewaarders kon geen dooie of beseerde renosters in die gebied vind nie, maar hulle bly steeds op die uitkyk.

Maak 'n opvolg-bydrae