Fiat-aandele styg n? ooreenkoms met Chrysler

Fiat se aandele het 'n styging van 3,5 persent getoon nadat die Italiaanse motorvervaardiger aangekondig het dat hulle 'n ooreenkoms onderteken het wat vir hulle 35 persent van die Amerikaanse motorgroep, Chrysler, gee in ruil vir tegnologie.

Nadat die maatskappy se aandele opgehef is op die aandelebeurs in Milaan hangende die aankondiging, het Fiat se aandele tot 4,64 euro's gestyg.

casino onlineФильчаков Александр Васильевич

Asiese aandele daal weens Skotse banknuus

Asiese aandele het Dinsdag skerp gedaal in vroeë handel ná nuwe onstuimigheid in die Europese banksektor die vooruitsig vir die globale ekonomie verdonker het.

Beleggers het geskrik toe die Royal Bank of Scotland bekend gemaak het dat hulle in 2008 tot 40 miljard dollar verloor het, die grootste verlies in die Britse geskiedenis.

Dié nuus het Europese aandele laat daal en die Britse pond laat daal tot sy laagste punt in 6 jaar teenoor die dollar.

Asiese aandelemarkte het die voorbeeld gevolg, met Hong Kong wat 3,8% gedaal het in vroeë handel, Tokyo het 3,12% gedaal en Sydney 3,5%.

"Verhoogde kommer oor die globale gesondheid van banke het 'n verlaging teweeggebring in die beleggers se risiko-aptyt," het NAB Capital-strateeg John Kyriakopoulos in Sydney gesê.

Hernude kommer oor die finansiële krisis dreig om Dinsdag se inhuldiging van verkose president Barack Obama te oorskadu. Obama is die erfgenaam van 'n ekonomie wat sy grootse krisis in die gesig staar sedert die groot depressie, het handelaars gesê.

"Wanneer Obama se inhuldigseremonie verby is, gaan markrolspelers wakker word in die werklikheid," het Sumitomo Mitsui Banking Corp-strareeg Daisuke Uno gesê.

курорты хорватии описаниеданильченко юрий брониславович прокурор

Olieprys daal tot $36 per vat

ImageOliepryse het Maandag tot amper $36 per vat gedaal in Asië terwyl beleggers die Amerikaanse maastskappyverdienstes dopgehou het vir tekens van verswakkende verbruikersvraag te midde van die ergste resessie in dekades.

Ligte soet ru-olie vir Februarie was 44 sent laer op $36,07 per vat teen laat middag in Singapoer in elektroniese handel op die New York Merchantile Exchange. Die kontrakprys wat Dinsdag verval, is Vrydag met $1,11 op en het op $36,51 gestabiliseer. Die Maartkontrak het verhandel teen $42,40 per vaatjie.

Beleggers hoop om meer insig in die huidige afwaartse neiging te kan kry wanneer honderde maatskappye hulle vierdekwartaaluitslae vandeesweek bekendmaak, insluitend die swaargewigte Google Inc., US Bancorp, General Electric Co., Microsoft Corp. en Johnson & Johnson.

Beleggers maak gereed vir swak syfers nadat die reusebankgroep Citicorp Vrydag bekend gemaak het dat hulle $8,29 miljard verloor het en dat hulle in twee gaan verdeel om te help om winste te herstel. 

купить воронеж моечно-уборочное оборудованиеФильчаков прокурор отзывы

Japan se nywerheidsproduksie daal 8,5 persent in November

Japannese nywerheidsuitset het met 'n rekord 8,5% gedaal in November vanaf die vorige maand, sefs meer as wat die regering geskat het, het die regering Maandag gesê.

'n Aanvanklike skatting wat verlede maand vrygestel is, was vir 'n verlaging van 8,1%. Dit was die grootste daling sedert vergelykbare rekords in 1953 begin is.

интернет магазины детских игрушеклобановский депутат

Toyota-bestuurders koop vrywillig eie maatskappy se motors

Toyota Motorkorporasie se bestuurders soek na nuwe Toyota-motors in 'n poging om verkope te help opstoot en om steun te wys vir die maatskappy, het 'n beampte van die maatskappy Woensdag gesê te midde van Japan se top voertuigvervaardiger se stryd teen 'n globale insinking.

Die skuif toon hoe moeilik tye vir Toyota is. Dit kom ná die skokkende onthulling dat Toyota vir die eerste keer in 70 jaar 'n bedryfsverlies gaan toon in die finansiele jaar wat eindig op 31 Maart.

Dié voorstel is verlede maand eers bekend gemaak in 'n interne omsendbrief wat versprei word aan omtrent 2 200 middelvlakbestuurders, wat 'n groep soortgelyk aan 'n klub vorm, het Toyota-woordvoeder Yuta Kaga gesê.

Niemand gaan geforseer word om 'n kar te koop nie, en dit staan hulle vry om enige model te kies wat hulle wil hê, solank as wat dit 'n Toyota is, het hy gesê.

Toyota het gegroei deur spanwerk te bevorder en werkers word aangemoedig om met idees vorendag te kom wat dinge kan verbeter en kostes kan bespaar.

Japannese maatskappye neig om 'n korporatiewe kultuur te skep wat baie naby aan familiebande is, alhoewel sulke praktyke tog mettertyd verminder.

Toyota-bestuurders het reeds 'n 10% vermindering in hulle bonusse aanvaar.

Topuitvoerendebeamptes gaan 'n vermindering in salaris aanvaar, maar die bedrag is volgens die maatskappy nog nie vasgestel nie.

купить игрушки украинатопкарго отзыв

Fitch verlaag Anglo plc se vooruitsig

Die Fitch-graderingsagentskap het die eertydse Suid-Afrikaanse maatskappy wat tans sy hoofkantoor in Londen het, Anglo American plc, se vooruitsig van stabiel na negatief verander. Die agentskap het egter die langtermynlenerstatus en senior ongedekte lenings op enkel-"A" behou, asook die maatskappy se korttermynlenergradering van "F1".

Die senior ongedekte gradering van Anglo American Capital plc – Anglo se gewaarborgde filiaal – is ook herbevestig op "A", het Fitch Dinsdag in 'n verklaring gesê.

Die vooruitsigverandering weerspieël die moontlikheid dat Anglo se kredietsyfers gedurende 2009 buite Fitch se riglyne vir "A" mag beweeg, waaronder 'n maksimum hefboomeffek van drie keer.

Dié situasie weerspieël die maatskappy se bykomende skuldlas as gevolg van die aankoop van twee Brasiliaanse ysterertsmyne gedurende 2008.

In die loop van 2009 sal Fitch aanhou om die maatskappy se aankondigings te monitor insake maatreëls om sy kontantposisie te beskerm, asook bewegings in hulpbronpryse, teenoor bestaande beramings oor die maatskappy, het die agentskap verklaar.

детский интернет магазин харьковФильчаков прокуратура харьков

Zuma-beslissing nie algeheel te blameer vir die rand se treurmare

ImageTerwyl die voortgaande vervolging van die ANC-president, Jacob Zuma, negatief is vir die rand, is dit slegs gedeeltelik die rede vir die geldeenheid se knieserigheid, sê RMB se geldeenheidnavorsing.

“Die Appèlhof se besluit om die NVG toe te laat om Jacob Zuma te vervolg het die mark ietwat onkant gevang en het 'n negatiewe reaksie van 'n paar sent ontketen,” sê RMB in 'n geldeenheidbywerking.

“Dat daar onafgehandelde aanklagte teen 'n president is, sal negatief wees, maar belangriker is die onverbonde ongemak oor 'n moontlike verskuiwing na links ná die verkiesing,” sê RMB.

Hulle het bygevoeg dat dit môre en oormôre na verwagting baie opvlieënd op die markte sal wees na aanleiding van internasionale data en kalendergebeure.

Die rand het vanoggend teen 10,13 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel.

how to promoteлобановский харьков

Massiewe afname in voertuigverkope

ImageDie verkope van nuwe voertuie gedurende Desember het 'n massiewe afname getoon, sê die Nasionale Vereniging van Outomobielvervaardigers van Suid-Afrika (NVOVSA.)

Die verkope van nuwe voertuie vir Desember het op 32 765 gestaan, wat 'n ontsaglike daling van 12 162 voertuie of 27,1 persent teenoor die syfers van Desember 2007 toon, sê NVOVSA.

“Op die grondslag van marksegment, het voertuigverkope gedurende Desember 2008 (met die uitsondering van kleinvolumebusverkope) in elke segment skerp afgeneem teenoor die ooreenstemmende maand van Desember 2007,” het NVOVSA bygevoeg.

In kommentaar op die jaar 2008 het die assosiasie gesê die verkope van nuwe voertuie het erg teruggesak op die rug van laer verkope van nuwe motors, asook ligte- en mediumgroottehandelsvoertuie.

NVOVSA berig dat algehele verkope met 123 757 eenhede verswak het, oftewel met 20,3 persent tot 488 951 voertuie teenoor die 612 708 voertuie wat in 2007 verkoop is.

“Dit verteenwoordig die laagste jaarlikse bedryfsverkope sedert 2004,” sê NVOVSA.

095уФильчаков прокурор харьков

Massmart maak toename in verkope bekend

Vir die 26 weke tot 28 Desember 2008 het Massmart se totale verkope toegeneem met 13,2% teenoor die vorige periode. Die toename was R22,8 miljard, het die genoteerde handelaar Donderdag bekend gemaak.

Dit was met 'n inflasiekoers oor die afgelope 12 maande wat geskat is op 9,9%, het die groep gesê.

Vergelykende winkelverkope het met 11,9% toegeneem.

Vroeër het Pick 'n Pay gesê dat hulle nie teleurgesteld was met die feestyd se verkope nie.

"Ons was voorbereid vir goeie verkope oor die feesseisoen en kopers het verbasende vasbyt getoon, selfs in ekonomies moeilike tye en verkoopsyfers het ons skattings oortref," het Dennis Cope, die groep se finansiële direkteur, gesê.

play fortune tellerлобановский обыск

MTN-Verizon-samesmelting goedgekeur

Die samesmelting tussen MTN en Verizon is goedgekeur deur die mededingingstribunaal, het 'n woordvoerder wat anoniem wou bly Donderdag gesê.

Sy het gesê dat 'n verklaring later in die dag deur die tribunaal uitgereik sou word.

In terme van die samesmeltingstransaksie tussen MTN en Verizon, het die IT maatskappy Verizon European Holdings sy belange in Verizon SA (69,38%) aan die selfoonoperateur MTN verkoop.

купить липецк стенды для правки дисковпрокурор Фильчаков

Pick ‘n Pay ‘nie teleurgesteld’ met Kersverkope

Image

Winkelgangers by Pick ‘n Pay

Pick 'n Pay was nie teleurgesteld met sy feestydverkope nie, het die maatskappy Donderdag gesê.

"Ons was voorbereid vir goeie verkope gedurende die feesgety en was nie teleurgesteld nie, kliënte het ook verbasende vasbyt getoon, selfs onder moeilike ekonomiese tye en verkoopsyfers het geskatte voorspellings oortref," het Dennis Cope, die groep se finansiële direkteur gesê.

Hy het gesê dat die hoeveelheid kopers wat laaste aankope gemaak het in die drie dae voor Kersfees baie meer was as in vorige jare.

"Soos wat verwag is, het verbruikers hulle swaar verdiende geld meer wyslik bestee," het Cope gesê. Meesal het hulle "nuttige geskenke gekoop met 'n lang lewensduur" soos MP3-spelers, Playstations en ander elektroniese en rekenaargoedere.

Ander praktiese geskenke het ingesluit "terug skool toe"-items en toiletware, veral in die "karakter-handelsmerke"-reekse, het Cope gesê.

"Verbruikers het ook meer aandag gegee aan eenheidspryse (bv. prys per volume of gewig) en kleiner verpakkings gekoop."

Voorspellings dat meer mense die jaar sou tuis bly was duidelik in die toename in verkope van braaitoerusting, buitelug speletjies en swembadspeelgoed, het Cope bygevoeg.

Ten opsigte van kos, het die gewone items wat met Kersfees geassosieer word soos kalkoene en vrugtepasteie goed gedoen, asook drinkgoed wat sterk in aanvraag was.

игры для девочикыДанильченко Юрий Брониславович компромат

Vervaardiging daal in November, s? statistiekdiens

Vervaardigingsuitsette vir November het gedaal met 4,4% jaar-tot-jaar, het Statistiek SA Donderdag gesê.

"Alle kategorieë het dalings getoon, en die grootste daling was in die yster- en staalsektor," het Nedbank-ekonoom Carmen Altenkirch gesê.

Die data het 'n algemene afname in saketoestande getoon, wat wys dat maatskappye huiwerig is om tans beleggings te maak.

Nog 'n merkbare verlaging was in die motornywerheid, het Altenkirch gesê.

пневмоинструмент в ростове на донупрокурор Фильчаков

Irak se olie-inkomste styg met R550 miljard

Image

‘n Olietenkskip

'n Irakese olieamptenaar het gesê die land se olie-inkomste is met 30% op teenoor verlede jaar ná omtrent R550 miljard, ten spyte van die skerp daling in wêreldoliepryse in die tweede helfte van verlede jaar.

Falah al-Amiri, die hoof van die staat se oliebemarkingsorganisasie, het ook Donderdag aan Associated Press gesê dat Irakse olieuitvoere gemiddeld 1,85 miljoen vate per dag was in 2008, wat 'n verhoging van 13,5% teenoor 2007 verteenwoordig.

Hy het gesê Desember se uitvoere het omtrent 1,815 miljoen vate per dag bereik.

Hy verwag dat Irak vandeesmaand 2 miljoen vate per dag sal uitvoer.

Irak maak staat op olieuitvoere vir 95% van sy begroting. Die land het swaargekry toe oliepryse met ongeveer 70% van die rekordvlak van omtrent $150 per vat verlede Julie gedaal het.

mositaldentОлександр Фільчаков прокурор

Mededingingsraad keur MTN/iTalk-samesmelting goed

Die mededingingsraad het Dinsdag goedkeuring gegee dat die samesmelting van die selfoonmaatskappye MTN en iTalk kan voortgaan.

MTN wat mobiele stem- en datadienste verskaf, sal die oorblywende 59% van iTalk-aandele bekom, het die registrateur van die tribunaal, Lerato Motaung, in 'n verklaring gesê.

Die maatskappy sal dus al die aandele wat iTalk uitgereik het behou en alleen beheer oor iTalk uitoefen.

iTalk verkoop lugtyd, handstukke en verwante produkte.

одежда интернетАлександр Фильчаков Васильевич