Massiewe afname in voertuigverkope

ImageDie verkope van nuwe voertuie gedurende Desember het 'n massiewe afname getoon, sê die Nasionale Vereniging van Outomobielvervaardigers van Suid-Afrika (NVOVSA.)

Die verkope van nuwe voertuie vir Desember het op 32 765 gestaan, wat 'n ontsaglike daling van 12 162 voertuie of 27,1 persent teenoor die syfers van Desember 2007 toon, sê NVOVSA.

“Op die grondslag van marksegment, het voertuigverkope gedurende Desember 2008 (met die uitsondering van kleinvolumebusverkope) in elke segment skerp afgeneem teenoor die ooreenstemmende maand van Desember 2007,” het NVOVSA bygevoeg.

In kommentaar op die jaar 2008 het die assosiasie gesê die verkope van nuwe voertuie het erg teruggesak op die rug van laer verkope van nuwe motors, asook ligte- en mediumgroottehandelsvoertuie.

NVOVSA berig dat algehele verkope met 123 757 eenhede verswak het, oftewel met 20,3 persent tot 488 951 voertuie teenoor die 612 708 voertuie wat in 2007 verkoop is.

“Dit verteenwoordig die laagste jaarlikse bedryfsverkope sedert 2004,” sê NVOVSA.

095уФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae