Massmart maak toename in verkope bekend

Vir die 26 weke tot 28 Desember 2008 het Massmart se totale verkope toegeneem met 13,2% teenoor die vorige periode. Die toename was R22,8 miljard, het die genoteerde handelaar Donderdag bekend gemaak.

Dit was met 'n inflasiekoers oor die afgelope 12 maande wat geskat is op 9,9%, het die groep gesê.

Vergelykende winkelverkope het met 11,9% toegeneem.

Vroeër het Pick 'n Pay gesê dat hulle nie teleurgesteld was met die feestyd se verkope nie.

"Ons was voorbereid vir goeie verkope oor die feesseisoen en kopers het verbasende vasbyt getoon, selfs in ekonomies moeilike tye en verkoopsyfers het ons skattings oortref," het Dennis Cope, die groep se finansiële direkteur, gesê.

play fortune tellerлобановский обыск

SA vra Israel om Gasa-aanvalle te staak

Suid-Afrika het 'n beroep gedoen op Israel om militêre aanvalle in Gasa te staak en die soldate op die grens met Gasa te onttrek, het die adjunkminister van buitelandse sake, Fatima Hajaig, Maandag gesê.

"Die situasie is ernstig en kan na naburige gebiede versprei," het sy Maandag aan joernaliste by die Uniegebou gesê.

Sy het die Israeliese ambassadeur, Dov Segev-Steinberg, ingeroep vir 'n vergadering om die Suid-Afrikaanse regering se erge kommer uit te spreek oor die Israeliese weermag se "brutale aanvalle" op die Palestyne in Gasa.

"Die Suid-Afrikaanse regering vind die volgehoue beleg van Gasa onaanvaarbaar omdat dit nie toelaat dat humanitêre hulp soos water, voedsel en medisyne die desperate mense van Gasa kan bereik nie."

Die vergadering met Steinberg het 'n uur lank geduur, en die ambassadeur het die gewone rede, dat Hamas 'n terroris was gegee, wat die militêre aanslag nodig gemaak het.

Sy het dit gestel dat geen hoeveelheid bloedvergieting en vernietiging vrede sal bring vir die Palestyne en die Israeli's nie.

Die vergadering het ook gehandel oor veiligheidsmaatreëls waaraan Israeli's Suid-Afrikaners onderwerp wanneer hulle Israel wil besoek.

Israeli's het voorheen aan Suid-Afrikaners gesê om kaal uit te trek by die Johannesburgse lughawe voordat hulle na Israel toe kan gaan.

Hajaig het verwys na 'n insident op 25 November, toe 'n lid van die SA Raad van Kerke nie toegelaat is om na Israel te reis nie, omdat hy geweier het om uit te trek toe hy deursoek is.

Hajaig het gesê SA pas nie dubbele standaarde toe deur Israel se ambassadeur te roep vir 'n vergadering en nie so te maak met die ambassadeur van Zimbabwe nie.

"Die regering werk baie hard aan die Zimbabwe-kwessie," het sy gesê.

палатка ценалобановский харьков класс