Pick 'n Pay was nie teleurgesteld met sy feestydverkope nie, het die maatskappy Donderdag gesê.
"Ons was voorbereid vir goeie verkope gedurende die feesgety en was nie teleurgesteld nie, kliënte het ook verbasende vasbyt getoon, selfs onder moeilike ekonomiese tye en verkoopsyfers het geskatte voorspellings oortref," het Dennis Cope, die groep se finansiële direkteur gesê.
Hy het gesê dat die hoeveelheid kopers wat laaste aankope gemaak het in die drie dae voor Kersfees baie meer was as in vorige jare.
"Soos wat verwag is, het verbruikers hulle swaar verdiende geld meer wyslik bestee," het Cope gesê. Meesal het hulle "nuttige geskenke gekoop met 'n lang lewensduur" soos MP3-spelers, Playstations en ander elektroniese en rekenaargoedere.
Ander praktiese geskenke het ingesluit "terug skool toe"-items en toiletware, veral in die "karakter-handelsmerke"-reekse, het Cope gesê.
"Verbruikers het ook meer aandag gegee aan eenheidspryse (bv. prys per volume of gewig) en kleiner verpakkings gekoop."
Voorspellings dat meer mense die jaar sou tuis bly was duidelik in die toename in verkope van braaitoerusting, buitelug speletjies en swembadspeelgoed, het Cope bygevoeg.
Ten opsigte van kos, het die gewone items wat met Kersfees geassosieer word soos kalkoene en vrugtepasteie goed gedoen, asook drinkgoed wat sterk in aanvraag was.
