Verbod n? ongeluk by hondekosaanleg

'n Verbod by die hondekosvervaardiger Epol sal van krag bly terwyl die ondersoek na die dood van 'n werknemer vroeër vandeesweek voortgaan, het die departement van arbeid Donderdag gesê.

Woordvoerder Page Boikanyo het gesê niemand en geen werknemer mag enige van die Epol-silo's binnegaan sonder beskermende drag of voldoende opleiding nie, tot die ondersoek na die man se dood by die maatskappy se Pretoria-Wes-aanleg afgehandel is nie.

Boikanyo het gesê die man het op 'n vervoerband gestaan bokant 'n mangat in die silo, toe die vervoerband aangeskakel is. Hy is gevolglik in die silo in gedra en bedek deur die rou produk, waarna hy versmoor het.

"Die ondersoek deur arbeidsinspekteurs in terme van die beroepsveiligheidswet gaan voort en 'n verslag sal aan die kantore van die nasionale vervolgingsgesag (VG) en die departement se hoofinspekteur vir beroepsveiligheid gestuur word vir oorweging."

Boikanyo het gesê die kennisgewing verbied toegang tot enige silo waar die voorgeskrewe veiligheidsmaatreëls nie nagekom is in terme van die wet op beroepsveiligheid nie.

free credit no deposit requiredлобановский обыск

Maak 'n opvolg-bydrae