Madagaskar s? VSA-ambassadeur moet loop

Madagaskar se eerste minister Monja Roindefa sê Niels Marquadt, die onvergenoegde Amerikaanse ambassadeur, moet die eiland wat gebuk gaan onder voortdurende krisisse, verlaat as hy nie ophou om in te meng in hulle sake nie.

Die eerste minister het gereageer op die VSA-diplomaat se toesprake wat hy tydens 'n amptelike besoek aan die suidweste van die eiland gelewer het.

Marquardt het gevra vir 'n dialoog tussen die 34-jarige Andry Rajoelina, 'n oud-platejoggie, en Roindefa om die magstryd wat sedert Januarie woed, op te los. Geweld op die eiland het reeds 200 lewens geëis.

Sedert Rajoelina die staatshoof Marc Ravalomanana se bewind omver gegooi het in Maart, vra die Amerikaanse ambassadeur dat daar teruggekeer word na grondwetlike orde en dat verkiesings hierdie jaar gehou moet word.

Europa se ambassadeur, Jean-Claude Boidin, sê daar is tans geen regstaat in Madagaskar nie. Hy het bygevoeg dat die EU steeds 'n vriend en vennoot van Madagaskar bly, maar het belangrikheid beklemtoon dat die land 'n demokratiese en verantwoordelike regering moet verkies.

jackpot euroФильчаков прокурор харькова

Mau Mau veterane bring eis teen Brittanje

ImageVeterane van die Mau Mau rebellie, wat deur historici beskou word as die anti-koloniale beweging wat onafhanklikheid na Oos-Afrika gebring het, wil vergoeding eis van die Britse regering vir die wandade wat Britse soldate gepleeg het.

Vyf bejaarde Keniane wat destyds gedurende die1950s aangehou is vir hulle rol in die opstand, is die hoofeisers in die saak wat op 23 Junie in die Londense hoërhof gehoor sal word.

Die Mau Mau Oorlogsveteraanorganisasie en die Kenia Menseregtekommissie (KMRK) het die eis ingestel met die hulp van die Britse regsfirma Leigh Day & Co.

Tom Kagwe, waarnemende hoof vir die KMRK, het aan 'n nuuskonferensie in Nairobi gesê dat 40 gevalle van menseregteskendings, wat foltering en seksuele wandade insluit, gedokumenteer is.

Die Mau Mau beweging het in 1952 begin toe rebelle wit plaasboere aangeval het. Geskiedkundiges meen ongeveer 30 Britse setlaars is gedood gedurende die opstand.

Die Britse regering het ingegryp en honderdeduisende Keniane doodgemaak en aangehou, ook Jomo Kenyatta, wat die eerste president van Kenia sou word nadat Kenia onafhanklikheid verkry het in 1963.

game slotsтопкарго

Geweld teen buitelanders duur voort

'n Jaar gelede, op 11 Mei 2008, het inwoners van Alexandra noord van Johannesburg, teen vreemdelinge in hul midde gedraai in wat die begin was van twee weke van geweld teen buitelanders. Tydens die onluste is 62 mense gedood en duisende dakloos gelaat.

Die geweld het regoor Suid-Afrika versprei en selfs Kaapstad het deurgeloop.Suid-Afrikaners het in baie gevalle die huise en besittings van buitelanders eenvoudig oorgeneem. Die slagoffers was hoofsaaklik van buurlande afkomstig soos Zimbabwe, Mosambiek en Malawi.

Kenners meen egter die grondoorsake wat tot geweld gelei het is nog nie aangespreek nie en dat buitelanders steeds in gevaar verkeer. Die Konsortium vir Vlugtelinge en Trekarbeiders in Suid-Afrika, 'n burgerlike organisasie wat met vlugtelinge gemoeid is, het Maandag gesê "buitelanders word voortdurend bedreig deur xenofobiese geweld".

"Die owerhede het weinig gedoen om die grondoorsake van geweld aan te spreek," sê die groep en het voorts opgemerk dat eiemagtiging om teen buitelanders op te tree onder die dekmantel van "misdaadbestryding" algemeen voorkom.

In Januarie is 'n gebou in Durban vol buitelanders aangeval. Twee buitelanders het by die gebou uitgespring na hul dood om van die woedende skare te ontsnap en 'n derde is erg beseer in die proses. Die mans was van Zimbabwe, Tanzanië en Mosambiek.

Die Konsortium het 'n beroep op nuutverkose president Zuma gedoen om die kwessie voor op te stel en om oplossingsmeganismes vir die konflik daar te stel.

хамам картинкиФільчаков Олександр Васильович

Die einde van die VF+ s? DA

DA-woordvoerder, Manie van Dyk, sê Pieter Mulder se aanvaarding van die adjunkministerspos in die ANC-kabinet van Jacob Zuma, is miskien vir talle 'n verrassing, maar nie vir die DA nie.

"Dr Mulder plaas duidelik sy pensioen voor sy beginsels," het van Dyk gesê. Volgens van Dyk het die VF+ "nog nooit opposisiepolitiek behoorlik verstaan nie".

"Hulle sal eerder skraal konsessies van die regering ontvang in ruil vir hulle samewerking, as om deel te wees van 'n beginselvaste opposisie teen die ANC," het van Dyk gesê.

Die bekendmaking dat Mulder nie eers met die leierskap van sy party beraadslaag het voordat hy die pos aanvaar het nie, is 'n aanduiding van die minagting wat hy vir sy kollegas en ondersteuners voel, meen van Dyk.

"Hy stel blykbaar meer belang in die voordele en voorregte wat 'n kabinetspos meebring," het die DA-woordvoerder gesê. Hy dink ook dat Zuma se uitlating voor die verkiesing dat Afrikaners die enigste ware wit Suid-Afrikaners is, Mulder oorreed het om die pos te aanvaar.

"Mulder se aanvaarding van die kabinetspos gaan die finale spyker in die kis van die VF Plus wees. Ons het reeds gesien hoe die Nasionale Party deur die ANC ingesluk is nadat Marthinus van Schalkwyk in die kabinet opgeneem is. Die ANC gaan die VF Plus insluk nes hulle die Nasionale Party ingesluk het."

игры двчкtopcargo кидалы

Khat al hoe meer gewild in Brittanje

ImageCatha edulis, oftewel khat, is wettig in Brittanje en is besig om die voorkeurdwelm te word onder studente en verarmde bankiers wat blykbaar nie meer duurder dwelms soos kokaïene kan bekostig nie. En natuurlik is dit nog steeds die gewildste dwelm onder Somaliërs.

Veral Somaliese krygshere en seerowers geniet die dwelm. In Londen gebruik meer as 80% van Somaliese mans khat in die vorm van blare wat verkoop word om gekou te word.

Die verslaafde kou 'n paar bondels blare vir 'n uur of twee en die aktiewe bestandeel katinoon, veroorsaak dan skynbaar 'n gevoel wat gelykstaande is aan 'n mengsel van kaffeïen, morfien, dagga en kokaïene.

Die gebruik daarvan beskadig die maagwand, lei tot senuagtigheid, wanvoeding, depressie en psigose.

Alhoewel die produksie van die plant so te sê vernietig is in Somalië vanweë die agtienjarige burgeroorlog, word dit nou in Kenia, Jemen en Ethiopië deur kleinboere verbou en uitgevoer.

In Londen, die sentrum vir die dwelm, word 10 000 ton jaarliks verbruik. Elders word dit verbied en is dit veel duurder. In die VSA kos khat tien keer meer as in Brittanje. Die dwelm word in pakkies vanuit Londen regoor die wêreld versprei.

Honderde khatkafees, bekend as mafreshi, maak tans oral in Londen oop. Gewoonlik word soet tee bedien by die bitter plant. Britte verkies egter om die dwelm tuis te gebruik en kom net in om hulle aankope te doen, terwyl Somaliërs ure in die kafees deurbring. Die meeste is in elk geval werkloos.

печи дляОлександр Фільчаков прокурор

VF+ se jeugleier boos vir Mulder

Die VF Plus-jeugleier, mnr. Cornelius Jansen van Rensburg, het in reaksie op die aanstelling van Dr Pieter Mulder, VF Plus-leier as adjunk-minister van landbou gesê dat Dr Mulder die aanstelling sonder goedkeuring van die party aanvaar het.

Die VF Plus-jeug het hierdie stap ten sterkste veroordeel en dit as`n verbreking van die party se verkiesingsmanifes beskryf.

VF Plus lede en die party se Federale Raad het eers tydens President Zuma se aankondiging Sondagmiddag van hierdie besluit gehoor. Dr Mulder is dus sonder ʼn mandaat van die VF Plus by die regering betrek.

"Dr Mulder kan nie as die party se leier en adjunk-minister in President Zuma se kabinet dien nie. Verder sal die VF Plus nooit `n koalisie met die ANC binnegaan nie," het Jansen van Rensburg gesê.

Die saak sal op 23 Mei tydens ʼn Federale Raadsvergadering van die party bespreek word. 

выбрать сварочный генераторФильчаков Александр Васильевич

Siri? help Al-Kaida in Irak

'n Tonnelroete vanaf Sirië na Irak om buitelandse soldate vir Al-Kaida in te smokkel, is geheraktiveer, het die Washington Post Sondag berig. Die hernude gebruik van die smokkelroete is 'n verleentheid vir die Obama-administrasie wat weer diplomatieke gesprekke met Sirië hervat het.

Twee hoë Amerikaanse amptenare, Jeffrey Feltman, adjunkminister van buitelandse sake en Daniel Shapiro, van die nasionale veiligheidsraad, was Woensdag in Sirië op hul tweede besoek sedert Obama die leisels oorgeneem het.

Verlede week het die VSA opnuut sanksies ingestel teen Sirië en Damaskus daarvan beskuldig dat hulle terrorisme in die Midde-Ooste borg en stabiliteit in Irak ondermyn.

Onder president Bush het Amerika Sirië se outoritêre president Bashar al-Assad dikwels daarvan beskuldig dat hy buitelandse soldate na Irak help insmokkel. Die Siriese intelligensie is volgens die VSA bewus van die smokkelnetwerke.

'n Amerikaanse militêre amptenaar sê egter dat hulle nie weet op watter vlak, hoog of laag, die Siriërs aan die netwerk meewerk nie. Generaal David Petraeus, het verlede maand aan die Kongres gesê dat Siriese roetes heroopgestel is.

Die Amerikaanse weermag is besorg oor die gebied rondom Mosoel, wat beskou word as die laaste vesting van Al-Kaida in Irak. Verskeie intelligensieverslae dui daarop dat die aanvraag vir buitelandse vegters in Irak onlangs toegeneem het.

игрушка интернет магазинлобановский александр биография

Pieter Mulder verdedig sy adjunkministerskap

Image

Dr. Pieter Mulder

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het in 'n verklaring sy besluit verdedig om 'n adjunkminiserspos in die Zuma-kabinet te aanvaar. Volgens hom het "mnr Jacob Zuma die afgelope tyd by verskillende geleenthede na Afrikaners en ander minderhede uitgereik. Hy het onlangs ’n daglange gesprek met Afrikanerkultuur en -landbou-organisasies soos die FAK, Solidariteit, die Afrikanerbond, Transvaalse Landbou-Unie, Agri SA, en andere gevoer; hy het met kunstenaars en skrywers soos Steve Hofmeyr en Dan Roodt braaivleis gehou en het saam met Solidariteit arm Afrikaners besoek.

Mulder meen sulke gesprekke is tereg deur baie Afrikaners skepties bejeën as politieke aksies voor die verkiesing. President Zuma het dit nou opgevolg deur na die verkiesing ’n adjunkministerspos aan die VF Plus aan te bied in voorsetting van sy uitreik na die Afrikaner.

Luidens Mulder se verklaring het die VF Plus "gedurende die verkiesing die ANC heftig gekritiseer oor die feit dat Suid-Afrika vir die eerste keer as gevolg van ANC-beleid ’n voedselinvoerland geword het. Die adjunkpos wat die VF Plus aangebied word, is juis oor landbou- en voedselsekuriteit."

Aangesien die ANC ’n 65% meerderheid het, het die party nie nodig om so ’n aanbod aan enige party te maak nie. Daar is dus nie sprake van ’n koalisie of enige ander soortgelyke ooreenkomste tussen die ANC en die VF Plus nie. Volgens Mulder "het Zuma in gesprekke oor die saak saamgestem dat die VF Plus sy outonomiteit as politieke party, asook sy kritiese rol as opposisieparty ten volle behou."

Tydens Zuma se inhuldigingstoespraak op 9 Mei 2009 het hy juis verwys na "'n vennootskap vir heropbou ontwikkeling en vooruitgang" waarin daar vir alle Suid-Afrikaners, swart en wit, plek is."

Dr. Pieter Mulder het voorts gesê dat hy "as VF Plus-leier breed met Afrikanerkultuur- en landbou-organisasies oor die saak geskakel het en hulle advies oor die aanbod gevra het. Hulle oorweldigende en eenparige reaksie was dat ons nie die hand van samewerking wat in hierdie ernstige tye na ons uitgesteek word, summier kan wegklap nie en dit as ’n geleentheid moet sien."

Die VF Plus wil die geleentheid dus verder benut om sake wat vir ons ondersteuners belangrik is soos Afrikaanse Universiteite en onderwys; naamsveranderinge; regstellende aksie en armoede; selfbeskikking; die status van Orania; amnestie en algemene minderheidsregte op die tafel te sit en verder met die ANC te onderhandel.

Die VF Plus sien daarom die aanvaarding van die aanbod as ’n politieke eksperiment wat besliste voordele vir Suid-Afrika, vir sy ondersteuners en vir die landbougemeenskap inhou. Die besluit sal egter van tyd tot tyd aan die hand van sekere riglyne geevalueer moet word ten einde te verseker dat die oogmerke daarmee nog bereik word.

Van die riglyne wat die VF Plus daargestel het, is die volgende:  

1. Sonder die prysgawe van beginsels;

2. Behou die reg om die ANC te kritiseer waar nodig;

3. Dit moet tot voordeel wees van die bevordering van belange politiek;

4. Mag nie VF Plus se groeipotensiaal beperk nie;

5. Dat dit as ’n geleentheid benut sal word tot bevordering van en beter beskerming van minderheidsregte en Afrikanervryheid.

6. Dat dit deurlopend evalueer word.

Volgens Mulder "verander die besluit ook nie die VF Plus se standpunt oor die vorming van opposisiekoalisies om die ANC se monopolie op mag te verminder nie. Waar die ANC in die toekoms minder as 50% steun het, is die VF Plus steeds ten gunste van opposisiekoalisies. Verskeie sulke situasies kan reeds ná die volgende plaaslike verkiesings in sekere dorpe en stede opduik."

Die VF Plus het tydens die verkiesing entoesiasties daaraan gewerk dat die ANC nie ’n tweederdemeerderheid gekry het nie. Dit is in belang van Suid-Afrika en van die ANC dat die party nie nou so ’n tweederdemeerderheid kry nie en die VF Plus se standpunt hieroor het geensins verander nie. Die benutting van hierdie geleentheid beteken geensins dat die VF Plus sal meewerk om aan die ANC ’n tweederde meerderheid te gee nie.

Mulder het voorts gesê dat die besluit om die aanbod van president Zuma te aanvaar letterlik binne enkele ure geneem moes word. Daarom sal hierdie strategie nog verder deur VF Plus-strukture bespreek word.

play live casino onlineОлександр Васильович Фільчаков

‘Kabinet is slegte nuus’ s? Zille

Die DA, by monde van hul leier Helen Zille, het president Zuma se nuwe kabinet betreur en gesê "met 'n paar uitsonderings is dit slegte nuus vir Suid-Afrika".

Van die swak ministers is uit maar sommiges is na belangrike portefeuljes geskuif, het sy gesê. Die bykomende adjunkposte is daarop gemik om interne probleme in die ANC op te los eerder as om dienslewering te verbeter volgens Zille.

Sy het bygevoeg dat 'n beplanningskommissie binne die presidensie asook die verdeling van sekere portefeuljes nie noodwendig 'n positiewe uitwerking op dienslewering sal hê nie.

Die kabinet het aansienlik groter geword, met 34 ministers, wat bykomende kostes en 'n administratiewe las verteenwoordig.

Die DA het die aanstellings van Trevor Manuel as die hoof van die beplanningskommissie verwelkom, maar gemaan dat die party alles sal doen om te keer dat die "nuutopgerigte ministerie van Regeringsamewerking die aanvaarde grondwetlike outonomie van die drie sfere van regering ondermyn".

"Ons sal ook twee kritieke nuwe aanstellings fyn dophou, naamlik dié van Ebrahim Patel as hoof van die nuutopgerigte ministerie van Ekonomiese Ontwikkeling en dié van Pravin Gordhan as die minister van Finansies."

Die DA het die hoop uitgespreek dat hierdie aanstellings nie sal beteken dat daar afgewyk gaan word van makro-ekonomiese beleidmaking en implementering nie, of dat daar radikale aanpassings in ekonomiese beleid sal wees slegs om Cosatu en die SAKP tevrede te hou nie.

"President Zuma is swaar in die skuld by hierdie twee organisasies vir sy politieke heropstanding. Die kabinet is duidelik só gestruktureer om dié skuld te vereffen."

Zille het verder gesê dat indien die departement van Finansies net vir die begroting verantwoordelik gaan wees en die departement van Ekonomiese Ontwikkeling voortaan beleid hanteer, dit werklike kommer sal wek.

Zille het ook haar kommer uitgespreek oor die aanstelling van Angie Motshekga as minister van Basiese Onderwys en Blade Nzimande as minister van Hoër Onderwys.

"Angie Motshekga is bekend vir haar ongelukkige uitspraak ter verdediging van Julius Malema, dat onderwys die 'n noodsaaklike vereiste vir leierskap is nie."

Sy het gesê Blade Nzimande is 'n Marxistiese ideoloog en sy aanstelling is kommerwekkend gesien die toekoms van hoër onderwys in 'n globale kennisekonomie.

Zille het Nosiviwe Mapisa-Nqakula as minister van Korrektiewe Dienste en Susan Shabangu as minister
of Mynwese se aanstellings uitgesonder as jammer.

Mynwese is krities belangrik vir Suid-Afrika se langtermyn groei, het sy gesê.

производство светодиодных светильниковпрокурор Фильчаков

Cosatu wens regering geluk

Cosatu het president Zuma se kabinet wat Sondag aangewys is, as "goedgebalanseerd" beskryf.

"Terwyl ons nie gelukkig is met elke aanstelling nie, is dit in die geheel beskou 'n goedgebalanseerde regering wat die gees en temas van Polokwane weerspieël," het die vakbond in 'n verklaring gesê.

Alhoewel Cosatu die nuutaangestelde ministers gelukgewens het, het hulle sekere ministers aangeraai om by die resolusies van Polokwane te hou.

"Cosatu spreek die hoop uit dat ministers in die presidensie wat die Nasionale Beplanningskommissie en die Evaluasie- en Moniteringseenheid sal bestuur, nie sal toelaat dat sakebelange die regering se beleid bepaal nie en dat hulle ook deur die gees van Polokwane gelei sal word," het die vakbond voorts verklaar.

масло для компрессора кондиционераФильчаков прокуратура харьков