praag.co.za

Siri? help Al-Kaida in Irak

'n Tonnelroete vanaf Sirië na Irak om buitelandse soldate vir Al-Kaida in te smokkel, is geheraktiveer, het die Washington Post Sondag berig. Die hernude gebruik van die smokkelroete is 'n verleentheid vir die Obama-administrasie wat weer diplomatieke gesprekke met Sirië hervat het.

Twee hoë Amerikaanse amptenare, Jeffrey Feltman, adjunkminister van buitelandse sake en Daniel Shapiro, van die nasionale veiligheidsraad, was Woensdag in Sirië op hul tweede besoek sedert Obama die leisels oorgeneem het.

Verlede week het die VSA opnuut sanksies ingestel teen Sirië en Damaskus daarvan beskuldig dat hulle terrorisme in die Midde-Ooste borg en stabiliteit in Irak ondermyn.

Onder president Bush het Amerika Sirië se outoritêre president Bashar al-Assad dikwels daarvan beskuldig dat hy buitelandse soldate na Irak help insmokkel. Die Siriese intelligensie is volgens die VSA bewus van die smokkelnetwerke.

'n Amerikaanse militêre amptenaar sê egter dat hulle nie weet op watter vlak, hoog of laag, die Siriërs aan die netwerk meewerk nie. Generaal David Petraeus, het verlede maand aan die Kongres gesê dat Siriese roetes heroopgestel is.

Die Amerikaanse weermag is besorg oor die gebied rondom Mosoel, wat beskou word as die laaste vesting van Al-Kaida in Irak. Verskeie intelligensieverslae dui daarop dat die aanvraag vir buitelandse vegters in Irak onlangs toegeneem het.

игрушка интернет магазинлобановский александр биография

Comments

Leave a Reply