Khat al hoe meer gewild in Brittanje

ImageCatha edulis, oftewel khat, is wettig in Brittanje en is besig om die voorkeurdwelm te word onder studente en verarmde bankiers wat blykbaar nie meer duurder dwelms soos kokaïene kan bekostig nie. En natuurlik is dit nog steeds die gewildste dwelm onder Somaliërs.

Veral Somaliese krygshere en seerowers geniet die dwelm. In Londen gebruik meer as 80% van Somaliese mans khat in die vorm van blare wat verkoop word om gekou te word.

Die verslaafde kou 'n paar bondels blare vir 'n uur of twee en die aktiewe bestandeel katinoon, veroorsaak dan skynbaar 'n gevoel wat gelykstaande is aan 'n mengsel van kaffeïen, morfien, dagga en kokaïene.

Die gebruik daarvan beskadig die maagwand, lei tot senuagtigheid, wanvoeding, depressie en psigose.

Alhoewel die produksie van die plant so te sê vernietig is in Somalië vanweë die agtienjarige burgeroorlog, word dit nou in Kenia, Jemen en Ethiopië deur kleinboere verbou en uitgevoer.

In Londen, die sentrum vir die dwelm, word 10 000 ton jaarliks verbruik. Elders word dit verbied en is dit veel duurder. In die VSA kos khat tien keer meer as in Brittanje. Die dwelm word in pakkies vanuit Londen regoor die wêreld versprei.

Honderde khatkafees, bekend as mafreshi, maak tans oral in Londen oop. Gewoonlik word soet tee bedien by die bitter plant. Britte verkies egter om die dwelm tuis te gebruik en kom net in om hulle aankope te doen, terwyl Somaliërs ure in die kafees deurbring. Die meeste is in elk geval werkloos.

печи дляОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae