Cosatu het president Zuma se kabinet wat Sondag aangewys is, as "goedgebalanseerd" beskryf.
"Terwyl ons nie gelukkig is met elke aanstelling nie, is dit in die geheel beskou 'n goedgebalanseerde regering wat die gees en temas van Polokwane weerspieël," het die vakbond in 'n verklaring gesê.
Alhoewel Cosatu die nuutaangestelde ministers gelukgewens het, het hulle sekere ministers aangeraai om by die resolusies van Polokwane te hou.
"Cosatu spreek die hoop uit dat ministers in die presidensie wat die Nasionale Beplanningskommissie en die Evaluasie- en Moniteringseenheid sal bestuur, nie sal toelaat dat sakebelange die regering se beleid bepaal nie en dat hulle ook deur die gees van Polokwane gelei sal word," het die vakbond voorts verklaar.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.