Nigeri? eis skadevergoeding van Suid-Afrika vir etniese aanvalle

Nigerië gaan skadevergoeding van Suid-Afrika eis vir sy burgers wat in die land om etniese redes aangeval is, het die minister van buitelandse sake, Ojo Maduekwe gisteraand in Abuja gesê.

Die Nigeriese ambassade het reeds 'n lys opgestel van sy burgers wat beseer is of wat verlies tydens die etniese aanvalle gely het, het die minister aan joernaliste gesê.

Ses-en-vyftig mense is dood en tienduisende is dakloos gelaat in die geweld oor die afgelope twee weke.

Volgens Maduekwe is geen Nigeriër in die aanvalle gedood nie, maar baie van hulle het eiendom verloor terwyl ander se winkels geplunder is.

Die staatsbeheerde Nuusagentskap van Nigerië berig dat Nigeriërs in Hillbrow, Berea en Yeoville in Johannesburg verlede week aangeval is en dat hulle winkels beskadig of geplunder is.

интернет магазин товаров для новорожденныхФильчаков прокурор харькова

Nepal gaan sy monargie afskaf

Image

Pienk paleis in Katmandoe

Die bergkoninkryk Nepal gaan waarskynlik na 240 jaar sy monargie afskaf en 'n republiek instel. Dit word as 'n oorwinning vir voormalige Maoïstiese rebelle gesien.

Streng veiligheidsmaatreëls is gister in die hoofstad Katmandoe gehandhaaf.

Nepal was vir tien  jaar gewikkel in 'n burgeroorlog tussen die rebelle en die voorstanders van die monargie.

Daar word verwag dat Koning Gyanendra sy pienk pagodepaleis sal ontruim, maar nogtans in die land sal aanbly.

Duisende Nepalese het saamgedrom en krete soos Lank lewe die Republiek! geskree.

машины на радиоуправленииАлександр Фильчаков Васильевич

Atoomagentskap bekommerd oor Iranese navorsing

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap, wat in Wene gesetel is, het sy kommer uitgespreek oor Iran se beweerde navorsing oor kernkoppe en gevra dat die land meer inligting oor sy missielbedrywighede moet verskaf.

Volgens die Atoomagentskap weerhou Iran inligting oor plofstoftoetse wat met sy kernprogram verband hou.

Teheran beskik oor 3 500 uraanverrykingsentrifuges wat by sy Natanz-kerninstallasie werk, ietwat meer as vroeër vanjaar, terwyl enkele meer gevorderde toestelle ook getoets word.

Westerse inligtingsdienste beweer dat Iran besig is met 'n geheime projek om atoombomme te vervaardig, terwyl Iran die bewerings as ongegrond afmaak.

deposit slotsФильчаков Александр Васильевич

G8-omgewingsministers wil kweekhuisgasse halveer

Omgewingsministers van die G8-lande wat tans in Kobe, Japan, vergader, het hul leiers gevra om die teiken te aanvaar om kweekhuisgasse teen 2050 te halveer.
Spesifieke teikens van nou tot 2050 is egter nie aanvaar nie.

Die G8 het verlede jaar in Duitsland ooreengekom om oor die kwessie na te dink en te oorweeg om uitlaatgasse teen die middel van die eeu te halveer, maar tot dusver het die VSA en Rusland die plan teengestaan. Aan die ander kant, ondersteun Duitsland, Frankryk, Brittanje, Italië, Japan en Kanada die plan.

Die volgende G9-spitsberaad sal in Juliemaand in Tokio gehou word en omgewingsministers hoop dat hul onderskeie lande dan die voorstel sal aanvaar.

для сваркиОлександр Фільчаков прокурор

Nederland gekritiseer oor ‘rassisme’

Nederland, wat altyd die reputasie geniet het as een van die mees liberale en verdraagsame lande in Europa, is so pas gekritiseer  weens toenemende "rassisme" in dié land.

Die parlemente van twee voormalige Nederlandse kolonies, die Antille en Aruba, het hulle uitgespreek teen Nederlandse rassisme en ook die huidige immigrasiebeleid jeens Antilliane en Arubane verwerp.

'n Lid van die twee parlemente, Eunice Eisden, het verwys na 'n verslag van die Europese Kommissie teen Rassisme en Onverdraagsaamheid. Hierin word Nederland aangeraai om sy beleid ten opsigte van Antilliane te verander. Volgens Eisden is Nederlandse beleid nie gerig op die integrasie van Antilliane nie, maar om hulle swart te smeer.

поршневой масляный компрессорлобановский александр жена

Rasseonluste tref Brussel

ImageRasseonluste het in die Europese en Belgiese hoofstad uitgebreek toe blankes en Noord-Afrikane Vrydagnag slaags geraak het in die buurt Anderlecht.

200 mense is deur die polisie aangehou en 26 is beseer, waaronder 14 polisiemanne. Volgens die polisie is die konfrontasie tussen blanke en immigrantejeugdiges vooraf op die internet gereël.

Die geweld het ná 'n sokkerwedstryd waartydens Anderlecht die Belgiese kampioenskap gewen het, gebeur.

Volgens Gerald Noon, 'n woordvoerder van die Belgiese polisie, sal verdere arrestasies uitgevoer word na die bestudering van videomateriaal om belhamels te identifiseer.

21лобановский супермаркет класс

Russiese president reis na Sjina

Die Russiese president, Dmitri Medwedef, het in Sjina aangekom vir 'n tweedaagse besoek. Dit is sy eerste staatsbesoek sedert sy

Image

Dmitri Medwedef

onlangse verkiesing en dui aan dat die betrekkinge tussen Rusland en Sjina tans goed is.

Medwedef sal samesprekings voer met sowel sy Sjinese ampsgenoot Hu Jintao as met die eerste minister Wen Jiabao.   Op pad na Sjina het die Russiese president Kazakstan aangedoen, waar hy Russiese invloed in dié energieryke Sentraal-Asiese streek wil behou.   Sjina en Rusland het 'n verhouding gebou wat bedoel is om as teenwig vir Amerikaanse oorheersing te dien, maar daar bestaan steeds knelpunte tussen die twee lande, veral rondom olie en gas in Sentraal-Asië.укладка ламинатФильчаков прокурор

Dodetal in China styg dramaties

ImageMeer as 80 000 mense is tans dood of word as vermis beskou ná Sjina se ergste aardbewing in dekades, het die regering gister bekendgemaak.

Voorheen het die Sjinese owerheid laat weet dat hy verwag dat die dodetal nie 50000 sou oorskry nie.

Die amptelike syfer is egter nou reeds 51000 met 29000 mense wat vermis word. Nie minder nie as 288 000 mense is in die aardbewing beseer.

Vyf miljoen mense is ook dakloos gelaat en vele boere op die platteland waar huise te erg beskadig is om in te woon, kampeer nou of het hul eie skuilings opgerig.

для развалданильченко юрій Харків

Ethiopi? staar weer hongersnood in die gesig

Image'n Wydverspreide droogte en skerpstygende voedselpryse het weereens hongersnood na Ethiopië gebring. Die VN noem dit die ergste sedert die groot humanitêre krisis van 2003.

Die VN se wêreldvoedselprogram het beraam dat 2,7 miljoen Ethiopiërs noodvoedselhulp sal moet aanvra as gevolg van laat reëns.

Dit is byna dubbel die getal wat verlede jaar benodig is.

In 1984 is 'n hongersnood vererger deur 'n kommunistiese beleid en een miljoen mense het omgekom as gevolg daarvan.money slotsлобановский класс харьков

Hekse gejag in die weste van Kenia

'n Bende het 15 vroue wat daarvan beskuldig is dat hulle hekse is, doodgebrand in die weste van Kenia. Die groep van ongeveer 100 mense het buite beheer geraak en van huis na huis beweeg laat Dinsdag en hulle slagoffers vasgebind en aan die brand gesteek.

Die bende het ook 50 huise afgebrand in die Nyakeostat, ongeveer 300km noordwes van die hoofstad Nairobi.

Die streek, tuiste van die Kisi etniese stam, word ook as die hekserygordel beskryf as gevolg van bendes wat vroue aanval wat van heksery verdink word.

Pogings deur die owerhede om die boendoehowe te bekamp, bly vrugteloos.

адсорбционный осушитель сжатого воздухапрокурор Фильчаков

Sjina is besig met nasionale rou n? aardbewing

Die derde nasionale roudag breek vandag in Sjina aan ter nagedagtenis aan die slagoffers van verlede week se aardbewing. Tot 50 000 mense het na raming die lewe gelaat en 245 000 persone is beseer.

Vlae hang tans halfmas, geen advertensies mag in koerante verskyn nie, filmsale is gesluit en beperkings is op internetwebwerwe geplaas. Gister het tienduisende mense in die suidwestelike stad Sjengdoe histeries in die strate rondgehardloop ná berigte van nog 'n moontlike aardbewing. Intussen belemmer swaar reënval en talle naskokke reddingswerkers se reeds moeilike taak.

под потолокФильчаков прокурор

Swart steek wit verby in Brasili

Image Swartes sal hierdie jaar wittes verbysteek in getalle in Brasilië vir die eerste maal sedert slawerny afgeskaf is, maar die inkomstegaping tussen die twee groepe mag nog 50 neem om te oorbrug volgens 'n studie wat die Brasiliaanse regering onderneem het.
 
Swartes verdien oor die algemeen 50 tot 70 persent minder as wittes en hou 3,5% van bestuursposisies in Brasilië se 500 grootste maatskappye volgens vakbond syfers.

'n Studie wat in 2004 deur die Federale Universiteit van Rio de Janeiro onderneem is, het bevind dat die gaping tussen wit en swart in Brasilië groter is as in Suid-Afrika onder apartheid.

Brasilië het onlangs 'n stelsel geskep van kwotas by openbare universiteite om die gapeing te oorbrug. Maar kwotas is ingewikkeld want baie mense ondertrou met verskillende rasse en sekere kritici meen dat ligte bruinmense plekke opneem wat vir swartes gereserveer word.

Die regeringstudie is vrygestel om saam te val met die 120ste herdenking van die afskaffing van slawerny in Brasilië. Die land was in 1888 die laaste in die westelike halfrond om slawerny te beëindig.

flower bridal headbandФильчаков прокурор

Afrika dink baie van Australi? se leier

Afrikaleiers het die federale regering van Australië geprys vir sy apologie aan inheemse Australiërs. Parlementêre sekretaris vir handelsbetrekkinge, John Murphy, het onlangs gedurende 'n besoek aan Ghana vir 'n VN-ontwikkelingskongres, 14 bilaterale gesprekke met Afrikaleiers gehou.

Murphy sê Afrikaleiers was gretig om die regering geluk te wens met sy apologie.

Hulle het almal geweet van die nuwe linksgesinde regering in Australië en van die apologie wat in die nasionale parlement gedoen is en dit het 'n baie goeie boodskap aan Afrika gestuur, volgens Murphy.

Australië is besorg oor menseregte, gelykheid van die mensheid, versoening en oor die hele wêreld in geheel, het hy voortgegaan. Murphy het gesê dat Afrikaleiers ooglopend 'n hoë dunk het van Australië se nuwe leier, Kevin Rudd.

купить трансформерАлександр Фильчаков прокурор

Naskokke tref China

Nog 'n kragtige naskok het China ses dae ná die groot aardbewing getref en die dodetal het tot 32 500 gestyg, met 'n verdere 220 000 beseer. China sê hulle verwag dat die finale sterftesyfer 50 000 sal oorskry.
 

Amptenare is bekommerd dat die naskokke meer onstabiele geboue kan laat inmekaarsak en lekkende damme kan beskadig.

Kommer oor die veiligheid van kernaanlegte, met China se hoofkernnavorsingslaboratorium wat naby die sentrum van die aardbewing geleë is inbegrepe, is ook gelug. 'n Beraamde 10 000 mense is steeds vesgekeer, maar daar word geglo dat die meeste reeds dood is.

Syfers van vorige aardbewings wys egter dat oorlewendes na nog byna 14 dae gevind kan word.

устройство акбФильчаков прокурор отзывы