Swartes verdien oor die algemeen 50 tot 70 persent minder as wittes en hou 3,5% van bestuursposisies in Brasilië se 500 grootste maatskappye volgens vakbond syfers.
'n Studie wat in 2004 deur die Federale Universiteit van Rio de Janeiro onderneem is, het bevind dat die gaping tussen wit en swart in Brasilië groter is as in Suid-Afrika onder apartheid.
Brasilië het onlangs 'n stelsel geskep van kwotas by openbare universiteite om die gapeing te oorbrug. Maar kwotas is ingewikkeld want baie mense ondertrou met verskillende rasse en sekere kritici meen dat ligte bruinmense plekke opneem wat vir swartes gereserveer word.
Die regeringstudie is vrygestel om saam te val met die 120ste herdenking van die afskaffing van slawerny in Brasilië. Die land was in 1888 die laaste in die westelike halfrond om slawerny te beëindig.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.