Medwedef sal samesprekings voer met sowel sy Sjinese ampsgenoot Hu Jintao as met die eerste minister Wen Jiabao. Op pad na Sjina het die Russiese president Kazakstan aangedoen, waar hy Russiese invloed in dié energieryke Sentraal-Asiese streek wil behou. Sjina en Rusland het 'n verhouding gebou wat bedoel is om as teenwig vir Amerikaanse oorheersing te dien, maar daar bestaan steeds knelpunte tussen die twee lande, veral rondom olie en gas in Sentraal-Asië.
Russiese president reis na Sjina
Die Russiese president, Dmitri Medwedef, het in Sjina aangekom vir 'n tweedaagse besoek. Dit is sy eerste staatsbesoek sedert sy
Dmitri Medwedef
onlangse verkiesing en dui aan dat die betrekkinge tussen Rusland en Sjina tans goed is.
