Afrika dink baie van Australi? se leier

Afrikaleiers het die federale regering van Australië geprys vir sy apologie aan inheemse Australiërs. Parlementêre sekretaris vir handelsbetrekkinge, John Murphy, het onlangs gedurende 'n besoek aan Ghana vir 'n VN-ontwikkelingskongres, 14 bilaterale gesprekke met Afrikaleiers gehou.

Murphy sê Afrikaleiers was gretig om die regering geluk te wens met sy apologie.

Hulle het almal geweet van die nuwe linksgesinde regering in Australië en van die apologie wat in die nasionale parlement gedoen is en dit het 'n baie goeie boodskap aan Afrika gestuur, volgens Murphy.

Australië is besorg oor menseregte, gelykheid van die mensheid, versoening en oor die hele wêreld in geheel, het hy voortgegaan. Murphy het gesê dat Afrikaleiers ooglopend 'n hoë dunk het van Australië se nuwe leier, Kevin Rudd.

купить трансформерАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae