Amptenare is bekommerd dat die naskokke meer onstabiele geboue kan laat inmekaarsak en lekkende damme kan beskadig.
Kommer oor die veiligheid van kernaanlegte, met China se hoofkernnavorsingslaboratorium wat naby die sentrum van die aardbewing geleë is inbegrepe, is ook gelug. 'n Beraamde 10 000 mense is steeds vesgekeer, maar daar word geglo dat die meeste reeds dood is.
Syfers van vorige aardbewings wys egter dat oorlewendes na nog byna 14 dae gevind kan word.
