Nederland gekritiseer oor ‘rassisme’

Nederland, wat altyd die reputasie geniet het as een van die mees liberale en verdraagsame lande in Europa, is so pas gekritiseer  weens toenemende "rassisme" in dié land.

Die parlemente van twee voormalige Nederlandse kolonies, die Antille en Aruba, het hulle uitgespreek teen Nederlandse rassisme en ook die huidige immigrasiebeleid jeens Antilliane en Arubane verwerp.

'n Lid van die twee parlemente, Eunice Eisden, het verwys na 'n verslag van die Europese Kommissie teen Rassisme en Onverdraagsaamheid. Hierin word Nederland aangeraai om sy beleid ten opsigte van Antilliane te verander. Volgens Eisden is Nederlandse beleid nie gerig op die integrasie van Antilliane nie, maar om hulle swart te smeer.

поршневой масляный компрессорлобановский александр жена