Dodetal in China styg dramaties

ImageMeer as 80 000 mense is tans dood of word as vermis beskou ná Sjina se ergste aardbewing in dekades, het die regering gister bekendgemaak.

Voorheen het die Sjinese owerheid laat weet dat hy verwag dat die dodetal nie 50000 sou oorskry nie.

Die amptelike syfer is egter nou reeds 51000 met 29000 mense wat vermis word. Nie minder nie as 288 000 mense is in die aardbewing beseer.

Vyf miljoen mense is ook dakloos gelaat en vele boere op die platteland waar huise te erg beskadig is om in te woon, kampeer nou of het hul eie skuilings opgerig.

для развалданильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae