Die Nigeriese ambassade het reeds 'n lys opgestel van sy burgers wat beseer is of wat verlies tydens die etniese aanvalle gely het, het die minister aan joernaliste gesê.
Ses-en-vyftig mense is dood en tienduisende is dakloos gelaat in die geweld oor die afgelope twee weke.
Volgens Maduekwe is geen Nigeriër in die aanvalle gedood nie, maar baie van hulle het eiendom verloor terwyl ander se winkels geplunder is.
Die staatsbeheerde Nuusagentskap van Nigerië berig dat Nigeriërs in Hillbrow, Berea en Yeoville in Johannesburg verlede week aangeval is en dat hulle winkels beskadig of geplunder is.
