Nepal gaan sy monargie afskaf

Image

Pienk paleis in Katmandoe

Die bergkoninkryk Nepal gaan waarskynlik na 240 jaar sy monargie afskaf en 'n republiek instel. Dit word as 'n oorwinning vir voormalige Maoïstiese rebelle gesien.

Streng veiligheidsmaatreëls is gister in die hoofstad Katmandoe gehandhaaf.

Nepal was vir tien  jaar gewikkel in 'n burgeroorlog tussen die rebelle en die voorstanders van die monargie.

Daar word verwag dat Koning Gyanendra sy pienk pagodepaleis sal ontruim, maar nogtans in die land sal aanbly.

Duisende Nepalese het saamgedrom en krete soos Lank lewe die Republiek! geskree.

машины на радиоуправленииАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae