Volgens Helen Zille, die leier van die party, verteenwoordig dit 'n resep vir 'n ramp en sal dit die huidige etniese konflik in die land vererger.
Volgens mediaberigte wil die regering beheer oor burgers van SAOG-lande verslap en dit vir hulle makliker maak om Suid-Afrika sonder veel procedure te besoek. Daar woon 180 miljoen mense in die SAOG-lande.
Volgens Zille is daar min, indien enige, lande ter wêreld wat so 'n oopdeurbeleid teenoor besoekers handhaaf. Eerder behoort die regering immigrasiebeheer op te skerp, pleks van dit te verswak.
