ANC-leiers voltooi vergadering oor Zuma

Image

Carl Niehaus (ANK), Blade Nzimande (SAKP) en Mafani Niehaus

Die ANK se nasionale werkskomitee (NWK) het Maandag teen 19:15 'n vergadering afgesluit oor Jacob Zuma se korrupsiesaak.

ANK-woordvoerder Carl Niehaus het aan SAPA gesê 'n verklaring oor die saak sal Dinsdag uitgereik word.

Vroeër het hy gesê die party se topbestuur sal die ANK-president se regopsies bespreek nadat die appèlhof uitspraak gelewer het in die guns van die nasionale direkteur van openbare vervolgings.

"Ons is eintlik baie oop om te sê dat die saak wel op die agenda is," het Niehaus gesê.

Hy het gesê die ANK soek na 'n "regsoplossing" vir die klagte wat teen Zuma hangende is.

Die Appèlhof het verlede week die uitspraak van die Pietermaritzburgse hof omgekeer en so weer die weg gebaan dat Zuma aangekla kan word op klagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en afpersing.

Die klagte teen Zuma skep 'n moeilike situasie vir die ANK, wat aangedring het dat hy dié party se presidentskandidaat bly vir die komende verkiesing vanjaar.

Zuma, wie se regslui met die nasionale vervolgingsgesag ontmoet het sedert die appèlhof se uitslag, het verskeie opsies wat tans vir hom oop is, insluitend 'n appèlversoek aan die konstitusionele hof en ook 'n aansoek dat alle klagte teen hom permanent laat vaar word.

Zuma se regsprobleme is nie al wat op die NWK-vergadering se sakelys was nie.

Niehaus het gesê dat die komitee ook die naweekkoerante se berigte van spanning tussen president Kgalema Motlanthe en sommige ANK-leiers bespreek het.

Die Sunday Times het gesê dat sommige ANK-leiers ongelukkig was met verskeie besluite wat Motlanthe gemaak het sedert hy Mbeki opgevolg het. Mbeki is uitgewerk ná die hof in Pietermaritzburg geïmpliseer het dat hy betrokke was by 'n komplot teen Zuma.

Die City Press het berig dat die SAKP se sekretarisgeneraal Blade Nzimande die posisie van adjunkpresident van SA in die oog het ná die komende verkiesings. Tot nou toe het baie mense geglo dat Motlanthe vir die pos geoormerk was.

Die City Press beweer dat verskeie bronne bevestig het dat daar 'n groep binne die ANK is wat daarteen gekant is dat Motlathe Zuma se adjunkpresident word.

"Dit is alles net gerugte, maar ons wil dit volledig afhandel, en dit beëindig. Ons glo dat ons vanuit die gesaghebbendheid van die NWK moet praat," het Niehaus gesê.

leagues of fortuneФільчаков Олександр Васильович

Swart tiener steek meisie aan die brand

'n Swart tiener wat daarvan beskuldig word dat hy sy 16-jarige meisie doodgebrband het in Mmametlhake, Mpumalanga, het Maandag vlugtig in die Themba-landdroshof verskyn.

Andries Mngomezulu (19) is nie gevra om te pleit op aanklagte van moord nie, het 'n polisiewoordvoerder, konstabel Hastings Chaane, gesê.

Die saak is uitgestel tot Vrydag vir 'n formele borgaansoek.

Mngomezulu is Vrydag gearresteer vir die beweerde moord op sy meisie, nadat hy haar vol petrol gegooi en aan die brand gesteek het.

'n Argument het ontstaan tussen die twee toe hy haar besoek het. Sy het 'n oproep ontvang op haar selfoon van 'n private nommer en hy het haar klaarblyklik daarvan beskuldig dat sy hom verneuk.

Hy het haar geslaan tot sy bly lê het waarna hy haar vol petrol gegooi het en aan die brand gesteek het voor hy homself aan die polisie oorhandig het.

детские палаткилобановский супермаркет класс

Geen vooruitgang by soveelste Zimbabwiese samesprekings

Image

Robert Mugabe

Zimbabwe se president en opposisiefaksies het Maandag geworstel oor die magsdelingsooreenkoms, maar geen vordering gemaak nie, ten spyte van die teenwoordigheid van leiers van Suider-Afrika wat gepoog het om die saak, wat nou al maande lank sloer, op te los.

Ná meer as 12 ure se gesprek waarin daar geen ooreenkoms bereik is nie, is die dooiepunt ná 'n spesiale beraad van die SAOG-groep verwys. Dié beraad sal volgende week gehou word, het Tomaz Salamao, die uitvoerende sekretaris van die streeksblok, aan verslaggewers gesê.

Salamao het gesê die vergadering sal volgende Maandag bygewoon word deur die groep se leiers, wat óf in Botswana óf in Suid-Afrika sal vergader.

Die streek het gehoop dat Maandag se vergadering 'n oplossing sal vind vir die politieke toutrekkery en Zimbabwe se leiers toelaat om daarop te fokus om 'n einde te bring aan die ekonomiese krisis wat die helfte van die land se mense afhanklik van voedselhulp gelaat het.

Suid-Afrika se huidige president, Kgalema Motlanthe en voormalige president Thabo Mbeki, Mosambiek se president Armando Guebuza en ander streeksleiers het heeldag vergader met Mugabe en die hoofopposisieleier Morgan Tsvangirai en Arthur Mutambara, die leier van 'n kleiner opposisiefaksie.

Die laaste rondte gesprekke het teen middernag verdaag en 'n teleurgestelde Tsvangirai was een van die eerste mense om die Rainbow Towers-hotel in Harare te verlaat.

"Ons het na die vergadering gekom om die uitstaande sake te kom oplos en die magsdelingsooreenkoms af te handel. Ongelukkig is daar geen vordering gemaak nie," het hy gesê.  

круизы по средиземному морюФильчаков прокурор харькова

Ope brief aan FW de Klerk

Met grote droefheid en 'n diepe teleurstelling rig ek my tot u. In 1989 het u aangetree as president van Suid-Afrika. Soos ’n Superman het u aangetree as leier van ’n Superparty. Binne 5 jaar het u gedoen wat geen ander leier voor u, ooit sou waag nie.

U het u voorganger, PW Botha, letterlik uit die weg geboelie.

In 1990 het u dit goed gevind om Suidwes-Afrika weg te skenk. Vir hierdie baie belangrike besluit het u die kiesers van Suid-Afrika nie geraadpleeg nie. U het ’n beslissing geneem sonder 'n mandaat.

In 1992 het ons 'n referendum gehou op die vraag of u met die ANC mag onderhandel. Die referendumvraag was “onderhandeling” en nie “oorgawe” nie. U het verder nog 'n belofte gemaak dat daar 'n tweede referendum sou kom na afloop van die onderhandelinge. Hierdie tweede referendum het ons nooit gesien nie. U het die oorgawe aan die ANC beklink sonder 'n mandaat van die blanke kieser.

Tydens die onderhandelinge met die ANC het daar 'n voorstel op u tafel gelê om van Suid-Afrika 'n federale staat te maak volgens die Switserse kanton-stelsel (een taal en een kultuur per kanton). Hierdie suksesresep word al sedert 1 Augustus 1291 in Switserland gebruik. Meertalige lande soos Indië, Kanada en België sou later federale state geword het volgens hierdie Switserse model. U was nie by magte om hierdie pragtige werkbare staatsbestel aan die ANC te verkoop nie. Hierdie Switserse model waarborg die regte van minderhede en minderheidstale. Soos u weet, waarborg ons huidige grondwet niks. U kon ewegoed nog 10 of 20 tale by die huidige 11 amptelike tale gevoeg het en dit sou alles geen enkele verskil gemaak het in ons huidige eenheidstaat nie.

Tydens die referendum van 1992 het 68,73% van die kiesers ingestem dat onderhandelinge met die ANC gevoer kon word (Let Wel- onderhandelinge). Van die kiesers was 31,27% volledig gekant teen onderhandelinge omdat hierdie keisers geweet het dat u op dun ys beweeg. ’n Ware staatsman probeer in sy beslissings om soveel moontlik mense tevrede te stel – ook die opposisie. Hierdie kiesers sou beslis tevrede gewees het met die invoering van 'n federale staatvorm gebaseer op etnisiteit. U het die nee-stemmers volledig geïgnoreer.

In 1994 skenk u Walvisbaai weg. U het wederom nie 'n mandaat gehad om 'n deel van die land weg te skenk nie. 

Die eeue oue droom van die Afrikaner om homself te bestuur op ’n eie stuk grond, het u binne 5 jaar in die dryfsand gedruk. Die Groot Trek! Die Anglo-Boereoorlog! Dit was alles verniet! Vyf verwoestende jare! Hierna het u stilletjies van die politieke toneel gesluip. U Superparty het kort daarna verdamp. Die ja-stemmers het u en u party laat val!

Vannag word nog van my mense vermoor. Môre vertrek nog vliegtuie met blanke emigrante aan boord. Ons skole verengels. Ons universiteite verswart. Ons is ’n bedreigde volk. Met die Switserse kantonstelsel sou ons vandag hierdie ellende gespaar gewees het.

U het ons verraai meneer F.W. de Klerk!

интернет магазин детских товаровtopcargo кидалы

Twee aangekeer vir Pretoriase kaping

Twee mans is gearresteer vir die kaping van 'n motor kort nadat die motor van die eienaar geneem is in Sunnyside, het Pretoriase polisie gesê.

Inspekteur Klaar van der Kooi het gesê 'n polisiehondeenheidvoertuig is omstreek 01:00 voorgekeer deur die eienaar van 'n Mercedes A160.

"Hy het aan die polisie gesê dat twee mans sy voertuig gekaap het terwyl hy met 'n vuurwapen aangehou is. Die polisie het onmiddellik begin soek na die voertuig en dit gesien in Duncanstraat."

Van der Kooi het gesê die bestuurder van die gekaapte voertuig het stilgehou toe hy die polisie gesien het en 'n vuurwapen uitgehaal.

'n Polisiekonstabel het hom in die bors geskiet en die verdagte is in 'n kritieke toestand na die hospitaal geneem.

"Hy en sy passasier is beide gearresteer. Die vuurwapen wat by die verdagte gevind is, is gekonfiskeer en die voertuig is aan die eienaar terugbesorg," het Van der Kooi gesê.

Die polisie het ook 'n silwer Audi A4 gevind wat klaarblyklik gebruik is om die misdaad mee te pleeg.

Daar is vasgestel dat die Audi twee maande terug gesteel is.

Die twee sal binnekort in die Brooklyn gemeenskapshof verskyn. 

детский реглан для девочкиЛобановский

Obama-inswering gaan R1,5 miljard kos

Image

Barack Obama

Dit sal Barack Obama minder as 'n minuut neem om die eed af te lê as president van Amerika en wanneer hy klaar gedans het by die inhuldigingsbal op 20 Januarie kan die prysetiket vir die insweringseremonie ongeveer R1,5 miljard beloop.

Obama se inhuldigingskomitee probeer om sowat $45 miljoen in te samel aan private fondse, wat die $42,3 miljoen sal oorskry wat president Bush in 2005 bestee het. In 1993 het Clinton $33 miljoen bestee toe die demokrate die eerste keer in 12 jaar weer na die Withuis teruggekeer het.

Soos in vorige jare dra die belastingbetaler die koste vir sekuriteit en noodmediesedienste, wat baie meer kos as die privaat befondste geleentheid.

Die federale regering het $49 miljoen begroot vir vanjaar se inhuldigingseremonie, meer as drie keer wat bestee is op Bush se eerste inhuldiging in 2001, aldus die kantoor vir bestuur en begroting.

Vroeë vanjaar het die distrik van Colombia, Virginië, Maryland en die Washington-vervoerowerheid 'n versoek gestuur aan die federale wetgewers vir meer as $75 miljoen om kostes te dek wat wissel van sekuriteit tot vervoer. 

mosoblburenieтопкарго развод

Klag teen Grace Mugabe oor sy joernalis in Hong Kong aanrand

Image

Amandla! Robert en Grace Mugabe

Die vrou van die Zimbabwiese president, Robert Mugabe,  was Sondag die fokus van 'n ondersoek deur die Hong Kong-polisie nadat sy na bewering 'n joernalis aangerand het gedurende 'n inkopie-uitstappie in dié stad.

Grace Mugabe, (43) word daarvan beskuldig dat sy Richard Jones, die hooffotograaf van die Hong Kong-agentskap Sinopix aangerand het ná hy foto's van haar geneem het toe sy inkopies gedoen het in Modyweg, in Tsim Sha Tsui.

Jones was daar in opdrag van die Londense Sunday Times wat gister 'n voorbladartikel geplaas het van die insident tesame met foto's van Mugabe en haar beweerde slagoffer, wat sy beserings toon.

Die vrou van die Zimbabwiese leier is deur Jones en 'n kollega agtervolg toe sy die vyfster Shangri-la-hotel verlaat het om saam met 'n vriendin en 'n lyfwag te gaan inkopies doen.

Jones het aan AFP gesê dat die president se vrou geprobeer het om sy kamera van hom af te neem voordat sy hom herhaaldelik geslaan het in die beweerde aanval Donderdagoggend.

"Hulle het my opgemerk toe ek foto's geneem het van omtrent 150 meter ver en begin om op my te skree," het Jones (43) gesê. Hy het gesê dat hy Mugabe gevolg het as deel van die opdrag van die koerant se ondersoek ná haar inkopievakansie.

"Die lyfwag het agter my aan gehardloop. EK het ook gehardloop, maar met die swaar kameratoerusting het hy my ingehaal en probeer om die kamera van my af te neem."

"Toe het ek Grace Mugabe gesien aankom na my toe. Sy het eers geprobeer om die kamera af te neem en my toe direk in die gesig geslaan. Sy het my ten minste tien keer in die gesig geslaan."

"Ek was geskok, sy was soos 'n waansinnige. Ek het gedink 'hier is die eerste dame van 'n Afrikanasie wat my in die middel van die straat in Hong Kong in die gesig slaan.' Ek kon dit nie glo nie.

Jones het die aanranding twee dae later by die polisie in Tsim Sha Tsui aangemeld, maar teen daardie tyd het Mugabe en haar gevolg reeds die hotel en Hong Kong verlaat.

Mugabe was in Hong Kong as deel van 'n Asiese vakansie wat vroeg in Januarie begin het in die Maleisiese vakansieoord Langkawi, en toe in Singapoer voortgesit is waar haar man, Robert Mugabe, volgens die Sunday Times by haar aangesluit het.

Die Zimbabwiese eerste dame, wie se land swaar op voedselhulp steun, het op 9 Januarie na Hong Kong gevlieg en met haar gevolg in 'n suite in die Shangri-la-hotel gebly, het die koerant gesê.

Die Sunday Times beweer dat Robert Mugabe 92 000 Amerikaanse dollar onttrek het by die Zimbabwiese sentrale bank aan die begin van Januarie om sy vrou se Asiese vakansie te kan betaal.

Toe die polisie gevra is oor die aanval, het 'n Hong Kong polisiewoordvoerder gesê dat die polisie 'n klag van 'n 43 jarige man ontvang het op die 17de Januarie.

Hy het die saak aangemeld by die Tsim Sha Tsui polisie stasie aangemeld dat hy in die distrik deur 'n vrou aangerand is.

Die saak is as aanranding met die doel om te beseer geklassifiseer en 'n span van die Tsim Sha Tsui polisie ondersoek dit tans.

Sover is daar geen arrestasie gemaak nie.

Daar word verstaan dat Grace Mugabe na Zimbabwe teruggekeer het na haar verblyf in Hong Kong.   конструкторы интернет магазиновФильчаков прокурор харьков

Sewe dood en 56 beseer in busongeluk

Sewe mense is dood en 56 beseer nadat 'n bus gerol het op die N14 in Ventersdorp, het nooddienste Sondag gesê.

Mark Stokoe, 'n woordvoerder van Netcare 911, het gesê die bestuurder van die Putco-bus het beheer verloor op 'n draai as gevolg van swaar reën.

"Sewe mense is op die toneel dood, 12 is in 'n kritieke toestand, 23 is op die toneel behandel en 21 is lig beseer," het Stokoe gesê.

Die beseerde mense is na verskeie hospitale in die omgewing geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend.

In nog 'n ongeluk is 5 mense Saterdag dood in 'n kop-aan-kopongeluk op die N17 naby Springs.

Stokoe het gesê al vyf die mense, insluitend die bestuurder van die Toyota Cressida, is dood ná die botsing met 'n Mercedes ML.

Die bestuurder van die Mercedes, 'n vrou en haar twee kinders wat tussen 9 en 11 jaar oud is, is net lig beseer.

Hy het gesê dit is nie duidelik watter voertuig probeer het om die ander verby te steek nie, maar dat dit waarskynlik die rede vir die ongeluk was.

купить детские комбинезоны для девочекДанильченко Юрий Харьков

Mugabe dreig om Zim-samesprekings te verlaat

Image

Morgan Tsvangirai

President Robert Mugabe van Zimbabwe het Sondag gedreig om heeltemal te onttrek uit die magsdelingsamesprekings indien die opposisie  'n ooreenkoms weier wanneer Suid-Afrika weer gaan probeer om 'n kompromis oor die regering van nasionale eenheid te vind.

Mugabe en die opposisieleier, Morgan Tsvangirai, is gereed om Maandag te ontmoet om die ooreenkoms te probeer red. Die ooreenkoms is reeds in September onderteken.

Die Suid-Afrikaanse president, Kgalma Motlanthe, gaan saam met sy voorganger Thabo Mbeki en die Mosambiekse leier Armando Emilio Guebuza as bemiddelaars optree in die onderhandelings om die politieke skaakmat te probeer beëindig.

Sondag het dit voorgekom asof nie een van die twee partye gereed was om enige toegewings te maak nie.

"Dit is die een geleentheid waarin hulle dit óf aanvaar óf dit is verby," het Mugabe in die regeringskoerant, Sunday Mail, gesê.

"Ons het klaar onderhandel, en enige toegewings wat gemaak kon word, is reeds gemaak," het hy gesê.

Tsvangirai se MDC het aangedring dat hulle nie by die regering van nasionale eenheid sal aansluit tot al hulle bekommernisse aangespreek is nie, insluitend bewerings dat hulle ondersteuners deur agente van die staat ontvoer en gemartel word.

"Die opposisie het herhaal dat alle uitstaande sake opgelos moet word voordat 'n inklusiewe regering aangestel word," het MDC woordvoerder Nelson Chamisa aan AFP gesê.

медсправка 086 уАлександр Фильчаков Васильевич

Blyvooruitzicht-mynwerkers gered

ImageAl 167 mynwerkers by Blyvooruitzicht-goudmyn naby Carletonville in die Noordwes-provinsie is na die oppervlak gebring meer as 24 uur nadat hulle ondergronds vasgekeer was, het 'n woordvoerder van die myn gesê.

"Myningenieurs het daarin geslaag om die krag na die sub-skag en die hoofskag se hystoerusting te herstel by die nommer 5-skag en werknemers is na die oppervlak gebring. Geen werknemer is beseer nie," het James Duncan gesê.

Duncan het gesê dat die werknemers gedurende die tyd ondergronds  in skuilinggebiede was, waar daar voldoende water en ventilasie was.

"Kontak per telefoon gehoud tussen die werknemers en die oppervlak, en twee protospanne het ook vroeër die dag die gebied bereik deur alternatiewe skagte," het hy gesê.

Ses werknemers wat vroeër na die oppervlak gebring is, is na die hospitaal geneem vir potensiële rookinaseming, maar is later ontslaan.

Saterdag het weerlig die twee substasies getref wat die krag voorsien aan nommer 5-skag, wat gelei het daartoe dat die 272 werkers ondergronds vasgekeer is. Dit was hoofsaaklik onderhouds- en belangrikedienstepersoneel gewees.

Hulle het gewerk op ses vlakke tussen 2 294 meter en 2 882 meter onder die grondoppervlak toe weerlig die Eskom-elektriesesubstasie en 'n mynsubstasie getref het, het Duncan gesê.

Die weerlig het die substasies beskadig en 'n totale kragonderbreking veroorsaak by die skag. Kabels het aan die brand geslaan, wat veroorsaak het dat rook in die skag en ondergrondse werksplekke ingetrek het.

Die brand is vinnig geblus.

игри для дитейпрокурор Фильчаков