Dit sal Barack Obama minder as 'n minuut neem om die eed af te lê as president van Amerika en wanneer hy klaar gedans het by die inhuldigingsbal op 20 Januarie kan die prysetiket vir die insweringseremonie ongeveer R1,5 miljard beloop.
Obama se inhuldigingskomitee probeer om sowat $45 miljoen in te samel aan private fondse, wat die $42,3 miljoen sal oorskry wat president Bush in 2005 bestee het. In 1993 het Clinton $33 miljoen bestee toe die demokrate die eerste keer in 12 jaar weer na die Withuis teruggekeer het.
Soos in vorige jare dra die belastingbetaler die koste vir sekuriteit en noodmediesedienste, wat baie meer kos as die privaat befondste geleentheid.
Die federale regering het $49 miljoen begroot vir vanjaar se inhuldigingseremonie, meer as drie keer wat bestee is op Bush se eerste inhuldiging in 2001, aldus die kantoor vir bestuur en begroting.
Vroeë vanjaar het die distrik van Colombia, Virginië, Maryland en die Washington-vervoerowerheid 'n versoek gestuur aan die federale wetgewers vir meer as $75 miljoen om kostes te dek wat wissel van sekuriteit tot vervoer.
