Twee mans is gearresteer vir die kaping van 'n motor kort nadat die motor van die eienaar geneem is in Sunnyside, het Pretoriase polisie gesê.
Inspekteur Klaar van der Kooi het gesê 'n polisiehondeenheidvoertuig is omstreek 01:00 voorgekeer deur die eienaar van 'n Mercedes A160.
"Hy het aan die polisie gesê dat twee mans sy voertuig gekaap het terwyl hy met 'n vuurwapen aangehou is. Die polisie het onmiddellik begin soek na die voertuig en dit gesien in Duncanstraat."
Van der Kooi het gesê die bestuurder van die gekaapte voertuig het stilgehou toe hy die polisie gesien het en 'n vuurwapen uitgehaal.
'n Polisiekonstabel het hom in die bors geskiet en die verdagte is in 'n kritieke toestand na die hospitaal geneem.
"Hy en sy passasier is beide gearresteer. Die vuurwapen wat by die verdagte gevind is, is gekonfiskeer en die voertuig is aan die eienaar terugbesorg," het Van der Kooi gesê.
Die polisie het ook 'n silwer Audi A4 gevind wat klaarblyklik gebruik is om die misdaad mee te pleeg.
Daar is vasgestel dat die Audi twee maande terug gesteel is.
Die twee sal binnekort in die Brooklyn gemeenskapshof verskyn.
