Onwettige mynbou is ‘n groeiende bedryf

Hoër goudpryse het van onwettige mynbou 'n wêreldwye probleem gemaak, sê Olle Ostensson, die hoof van die natuurlikehulpbronne-afdeling van die Verenigde Nasies.

Die prys van goud het oor die afgelope vyf jaar verdriedubbel en beleggers beskou goud as 'n veilige hawe.

Daar is omtrent 13 tot 20 miljoen klein myners ter wêreld, volgens navorsing wat onlangs gedoen is.

Amateurmyners verseker omtrent 10 persent van die globale produksie van metale en diamante en omtrent 75 persent van alle ander edelgesteentes.

Omtrent 100 miljoen mense is direk of indirek afhanklik van klein mynbou.

пескоструй дисковФильчаков Александр Васильевич

VSA raak gepolariseer, s? Bill Clinton

Oud-president Bill Clinton van Amerika waarsku dat sy land toenemend gepolariseer raak.

Image

Hy het by die Nasionale Goewerneursvereniging se vergadering gepraat.

Die prestasie van die Demokratiese nominasiestryd waar 'n swartman en 'n vrou vir die eerste keer gewedywer het, word deur die toenemende afstand tussen Amerikaners oorskadu, het hy gesê.

Volgens hom is daar onder die oppervlak van oënskynlike aanvaarding van diversiteit, 'n neiging by Amerikaners om hulself in enersdenkende gemeenskappe af te sluit.

Dit beïnvloed die vermoë van die VSA om verskille te bestuur, het hy bygevoeg.Мильстримданильченко юрій Харків

Tydskrifvoorblad ontketen herrie

Image'n Liberale tydskrif, The New Yorker, se pogings om die draak met slegpraters van die presidensiële kandidaat, Barack Obama, te steek, het sleg geboemerang toe die Demokratiese Party die tydskrif se voorblad gestriem het.

Die  nuutste voorblad van tydskrif vertoon obama in Moslem-drag en sy vrou as terroris.

'n Segsman vir Obama sê die spotprent was onsmaaklik en gee aanstoot.

Selfs die Republikeinse Party het hulle afkeur uitgespreek.

Die tydskrif sê die voorblad was ontwerp om gewilde verregse mites oor Obama en sy vrou Michelle bespotlik te maak.

игрушки для детей 1 годапрокурор Фильчаков

Soedan se president vir volksmoord aangekla

Image

Omar al-Bashir

Die aanklaer van die Internasionale Kriminele Hof het formeel gevra dat 'n lasbrief vir die arrestasie van Soedan se president, Omar Hassan al-Bashir uitgereik word.

 

Hy sal aangekla word vir volksmoord, oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom.

Soedan het belowe om 'n diplomatieke oorlog te ontketen in reaksie daarop.

Dit sal die eerste keer wees dat die IKH 'n klag van volksmoord teen 'n sittende president aanhangig maak.

China en Rusland het gewaarsku dat 'n direkte aksie teen die Soedannese president by die VN alle toekomstige vredesonderhandelinge sal skaad.

games noалександр лобановский супермаркет класс

Amerikaanse verbandreddingsplan misluk

Die Bush-administrasie se poging om Amerika se twee grootste verbandmaatskappye te red, het 'n negatiewe reaksie van die banksektor ontlok.

In Washington het Amerikaanse reguleerders probeer om verbruikers te kalmeer oor die veiligheid van hul spaargeld.

Op Wallstraat het ontleders egter begin om lyste van streeks- en plaaslike banke op te stel wat volgende bankrot mag speel.

In Kalifornië en Ohio het mense voor bankrot banke tougestaan om hul fondse te onttrek.

Die Amerikaanse regering se plan om Fannie Mae en Freddie Mac by te staan kon nie die stygende gety van slegte skuld keer nie.

Die verswakkende huismark en die sukkelende ekonomie kan daarvoor geblameer word.

диагностические адаптеры для авто на базе компьютераФильчаков Харьков

Ho? petrolpryse het ook voordele

Hoë petrolpryse kan minder verlore lewens op die pad beteken.

Die outeurs van 'n nuwe studie in die VSA sê dat hoë petroltryse kan 'n jaarlikse afname van tot 'n derde in verkeersverwante sterftes veroorsaak.

Die mees dramatiese afname in padsterftes is waarskynlik onder tieners.

Die twee navorsers sê dat vir elke 10% toename in brandstofpryse daar 'n 2,3% afname in padsterftes plaasvind.

Vir bestuurders in die ouderdomsgroep 15 tot 17, is die afname tot 6%.

Dus hou hoër petrolpryse wel sekere voordele in, waarvan een die afname in padsterftes is.

игри девушеклобановский александр биография

Amerikaanse handel met Iran het tienvoudig toegeneem

In weerwil van Amerika se mondelinge dreigemente van nuwe ekonomiese sanksies, het Amerikaanse uitvoere na Iran dramaties gestyg.

Amerikaanse syfers wat vandeesweek deur Associated Press gepubliseer is, toon 'n byna tienvoudige toename in Amerikaanse verkope aan Iran oor die afgelope sewe jaar.

Dit sluit die volgende goedere in: sigarette, vliegtuigonderdele, bra's, musiekinstrumente, films, beeldhouwerk, pels, gholfkarretjies en sneeuvoertuie.

Dié onthulling stel die Amerikaanse administrasie in die verleentheid aangesien dié tans poog om druk op Europese regerings, banke en maatskappye te plaas om hul bande met Teheran te verbreek vanweë die land se kernprogram.

Volgens Associated Press is militêre toerusting ook uitgevoer, in weerwil van die bestaande sanksies.

принцесса диснеялобановский александр интервью

China se buitelandse reserwes styg tot 1,8 triljoen dollar

China se reeds geweldige buitelandsevalutareserwes het tot 1,8 triljoen dollar aan die einde van Junie gestyg.

Die syfer is 35,7 persent hoër as die vorige jaar en meer as 18 persent hoër as aan die einde van 2007.

Kommer heers oor die invloei van spekulatiewe kapitaal in die land, wat deur die aanhoudende groei in die joean.

'n Afname in die globale ekonomie kan China sleg tref aangesien spekulatiewe kapitaal die land net so maklik weer kan verlaat.

China se handelsoorskot het in die eerste helfte van 2008 met byna 12 persent gedaal as gevolg van 'n stadiger globale ekonomie en 'n sterk geldeenheid.

игры для детеи 6 летлобановский александр досье

BBC se godsdiensomroeper van rassisme beskuldig

Kommentaar wat verlede maand deur die BBC oor Afrikane gemaak is, dat hulle aan 'n tekort sou ly, het swartes kwaad gemaak.

Winston Phillips, van die Swart en Asiese Forum, sê die opmerkings was aanstootlik en rassisties.

Volgens die omroeper Clifford Longley het 'n Nigeriese teoloog beweer dat Afrikakultuur nog altyd 'n tekort aan 'n ontwikkelde sin vir gedeelde menslikheid getoon.

Dit verklaar Afrika se geneigdheid tot massamoorde en volksmoord.

Hy het tydens die uitsending gesê dat die Nigeriese teoloog beweer het dat Afrikane aan dié tekort ly. Agterna is daar oor sy opmerkigns in die BBC-tydskrif berig.

ігри для дєвачекФільчаков Олександр Васильович прокурор

700 kg koka?en in Sierra Leone gevind

Polisie in Sierre Leone het gister op 700 kg kokaïen beslag gelê wat aan boord van 'n vliegtuig by Lungi-lughawe versteek was.

Wes-Afrika het een van die belangrikste smokkelpunte vir dwelms geword wat deur Latyns-Amerikaanse handelaars gebruik word om hul goedere na winsgewende Europese markte te verskeep.

Volgens die assistant-inspekteur-generaal, Francis Munu, is dit die grootste dwelmfonds wat nog ooit in Sierra Leone gemaak is.

Die straatwaarde van die 700 kg kokaïen is omtrent $35 miljoen in New York, volgens 'n beraming wat deur die Verenigde Nasies se kantoor vir dwelms en misdaad gemaak is.

Kokaïengebruik in Europa is aan die styg en volgens 'n Europese agentskap was daar in 2006 reeds 4,5 miljoen kokaïengebruikers teenoor 3,5 miljoen 'n jaar vantevore.

Оборудование Фильчаков прокурор отзывы

9 Amerikaanse soldate sterf in Afhanistan

Nege Amerikaanse soldate het in aksie in Afghanistan gesterf.

Dit is een van die grootste verliese wat die VSA-weermag nog gely het sedert hulle die land in 2001 binnegeval het.

Die voorval het gekom toe Afghaanse en internasionale magte deur Islamitiese militantes in die Koenar-provinsie aangeval is.

NAVO se internasionale sekerheidsbystandsmag sê die soldate is in 'n skermutseling wat vir 'n paar ure geduur het, dood.

Die insurgensiemagte het met mortiere en vuurpyle op die internasionale magte gevuur.

Gevegte het onlangs in Afghanistan toegeneem in kontras met Irak waar koalisiemagte daarin geslaag het om relatiewe vrede te bewerkstellig.

best marketing socialАлександр Фильчаков Васильевич

Rusland, China veto Anglo-Amerikaanse sanksies teen Mugabe

Image

Veiligheidsraad, New York

09:52:05 Die planne van Brittanje en Amerika om Mugabe tot ‘n val te bring deur verpligte internasionale sanksies teen Zimbabwe deur die VN-veiligheidsraad ingestel te kry, het gisteraand misluk toe sowel Rusland as China die resolusie geveto het.

Suid-Afrika, Libië en Viëtnam het saam met Rusland en China teen die Amerikaanse voorstel gestem. Indonesië het buite stemming gebly.

Robert Mugabe het gesê dat hy "baie gelukkig" met die uitslag is. Suid-Afrika het  ook by monde van Ronnie Mamoepa, die woordvoerder vir die departement van buitelandse sake, die besluit "verwelkom".

Die ineenstorting van die Westerse inisiatief is aangehelp deur die samesprekings wat tans onder geheimhouding iewers in Pretoria tussen ZANU-PF, die MDC, en ‘n wegbreekfaksie van die MDC plaasvind.

‘n Bron naby die samesprekings het gesê dat die tweedaagse beraad op ‘n memorandum van deelname uitgeloop het waarin alle partye die voorwaardes uitstippel om substantiewe onderhandelings oor ‘n moontlike koalisie- of oorgangsregering te begin.

Die MDC hou vol dat dit nie gaan onderhandel tensy geweld van die staat opgeskort word, humanitêre hulp mag voortgaan, politieke gevangenes vrygelaat word en die parlement weer mag vergader nie.

Volgens Boniface Chidyausiku, die Zimbabwiese afgevaardigde na die VN, wat die Veiligheidsraad toegespreek het, is die toestand in sy land deur die Weste oordryf aangesien dit geen bedreiging vir wêreldvrede en –veiligheid inhou nie. Daarom voldoen dit nie aan die voorwaardes vir die Veiligheidsraadbesluit om sanksies in te stel nie.

Chidyausiku het verder gesê dat dit "'n weerspieëling van die regsekerheid by die Verenigde Nasies is wat veroorsaak dat niemand oor 'n monopolie beskik oor hoe dinge by die Veiligheidsraad moet wees nie. Rede het geseëvier."

Hy het gesê dat die "geknoei" van Brittanje, Frankryk en die VSA, asook hul swak rede vir nuwe sanksies, "aan die kaak gestel is en dat daar geen gronde vir dié tipe optrede bestaan nie".

Rusland het gesê dat sanksies die toestand in Zimbabwe kan laat versleg en teen die wense van die Afrikastate sou indruis wat ‘n bemiddelde oplossing nastreef.

Die Britse ambassadeur by die VN, John Sawers, het die vetostemme deur Rusland en China verwerp as sou dit “ernstige skade aan die langtermynbelange van die Zimbabwiese nasie aanrig”.

Intussen het China vanmore vanuit Beijing verklaar dat sanksies teen die Zimbabwiese regering die konflik in die land sou “kompliseer” eerder as oplos en daarmee sy besluit om die VN-resolusie te veto, verdedig.

Die Westers-gesteunde resolusie sou ‘n wapenboikot teen Zimbabwe instel, asook finansiële en reissanksies teen president Mugabe en dertien van sy amptenare. ‘n Spesiale gesant van die Verenigde Nasies sou ook na Zimbabwe gestuur word.

Die Chinese veto, sowel as die Soedanese kwessie, mag verhoudinge met Brittanje en Amerika op die vooraand van die Olimpiese Spele in Beijing bemoeilik.

Die woordvoerder van die Chinese buitelandsesakedepartement, Lioe Djiantsjaoe, het die veto as toepaslik vir Zimbabwe verdedig.

“Onder die huidige omstandighede sou ‘n sanksieresolusie teen Zimbabwe nie help om die verskeie faksies daar aan te moedig om tot politieke dialoog en onderhandelings in te stem nie,” het Lioe in ‘n verklaring op die ministerie se webwerf gesê.

“Inteendeel, dit sou die toestand in Zimbabwe verder kompliseer,” het Lioe gesê en bygevoeg dat China se beroep dat die Afrika-unie meer tyd vir bemiddeling gegun word, geïgnoreer is. Die internasionale gemeenskap behoort konstruktiewe hulp aan Suid-Afrika en die AU se bemiddelingspogings te verleen. Vermy optrede wat ‘n negatiewe uitwerking op die atmosfeer vir dialoog kan hê.”

настенно потолочный светильник egloФильчаков прокурор

Chile se Llaima-vulkaan bars uit

Image

Llaima bars uit

Chile se imposante Llaima-vulkaan het gister gebrul toe dit rotse, lawa en wolke as begin uitspoeg het.

Ses nabygeleë gemeenskappe is ook op die hoogste gereedheidsgrondslag geplaas, het die nasionale noodkantoor gesê.

'n Woordvoerder het gesê die 3 125-meterhoë vulkaan 700 km suid van Santiago het in die vroeë oggendure begin uitbars, ná ses maande van stilte wat op die eerste uitbarsting op 1 Januarie gevolg het.

Hy sê die ses gemeenskappe in die omgewing van die vulkaan is 'n week gelede op 'n hoogste noodplan geplaas, met onmiddellike ontruiming sou die situasie versleg.

генератор арендаАлександр Фильчаков Васильевич

OPUL waarsku teen oorlog met Iran

Abdalla Salem El-Badri, die sekretaris-generaal van OPUL, het gister gewaarsku dat oliepryse onbeperk kan styg in die geval vvan 'n militêre konflik met Iran.

Die groep se ander lede sou nie in staat wees om vir die verlore produksie in te staan nie, het hy gesê.

Iran is die tweede grootste olieproduserende land ter wêreld na Saoedi-Arabië.

Die Internasionale Energie-agentskap, 'n pro-Westerse liggaam, het gewaarsku dat olievoorrade beperk oor die volgende paar jaar beperk mag blyk in weerwil van rekordpryse.

Leiers van die G8 het petroleumverskaffers versoek om produksie en raffinering te verhoog.

occasion headbandsАлександр Фильчаков Васильевич