Chile se Llaima-vulkaan bars uit

Image

Llaima bars uit

Chile se imposante Llaima-vulkaan het gister gebrul toe dit rotse, lawa en wolke as begin uitspoeg het.

Ses nabygeleë gemeenskappe is ook op die hoogste gereedheidsgrondslag geplaas, het die nasionale noodkantoor gesê.

'n Woordvoerder het gesê die 3 125-meterhoë vulkaan 700 km suid van Santiago het in die vroeë oggendure begin uitbars, ná ses maande van stilte wat op die eerste uitbarsting op 1 Januarie gevolg het.

Hy sê die ses gemeenskappe in die omgewing van die vulkaan is 'n week gelede op 'n hoogste noodplan geplaas, met onmiddellike ontruiming sou die situasie versleg.

генератор арендаАлександр Фильчаков Васильевич