Die nuutste voorblad van tydskrif vertoon obama in Moslem-drag en sy vrou as terroris.
'n Segsman vir Obama sê die spotprent was onsmaaklik en gee aanstoot.
Selfs die Republikeinse Party het hulle afkeur uitgespreek.
Die tydskrif sê die voorblad was ontwerp om gewilde verregse mites oor Obama en sy vrou Michelle bespotlik te maak.

'n Liberale tydskrif, The New Yorker, se pogings om die draak met slegpraters van die presidensiële kandidaat, Barack Obama, te steek, het sleg geboemerang toe die Demokratiese Party die tydskrif se voorblad gestriem het.