VSA raak gepolariseer, s? Bill Clinton

Oud-president Bill Clinton van Amerika waarsku dat sy land toenemend gepolariseer raak.

Image

Hy het by die Nasionale Goewerneursvereniging se vergadering gepraat.

Die prestasie van die Demokratiese nominasiestryd waar 'n swartman en 'n vrou vir die eerste keer gewedywer het, word deur die toenemende afstand tussen Amerikaners oorskadu, het hy gesê.

Volgens hom is daar onder die oppervlak van oënskynlike aanvaarding van diversiteit, 'n neiging by Amerikaners om hulself in enersdenkende gemeenskappe af te sluit.

Dit beïnvloed die vermoë van die VSA om verskille te bestuur, het hy bygevoeg.Мильстримданильченко юрій Харків