Amerikaanse syfers wat vandeesweek deur Associated Press gepubliseer is, toon 'n byna tienvoudige toename in Amerikaanse verkope aan Iran oor die afgelope sewe jaar.
Dit sluit die volgende goedere in: sigarette, vliegtuigonderdele, bra's, musiekinstrumente, films, beeldhouwerk, pels, gholfkarretjies en sneeuvoertuie.
Dié onthulling stel die Amerikaanse administrasie in die verleentheid aangesien dié tans poog om druk op Europese regerings, banke en maatskappye te plaas om hul bande met Teheran te verbreek vanweë die land se kernprogram.
Volgens Associated Press is militêre toerusting ook uitgevoer, in weerwil van die bestaande sanksies.
