Soedan se president vir volksmoord aangekla

Image

Omar al-Bashir

Die aanklaer van die Internasionale Kriminele Hof het formeel gevra dat 'n lasbrief vir die arrestasie van Soedan se president, Omar Hassan al-Bashir uitgereik word.

 

Hy sal aangekla word vir volksmoord, oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom.

Soedan het belowe om 'n diplomatieke oorlog te ontketen in reaksie daarop.

Dit sal die eerste keer wees dat die IKH 'n klag van volksmoord teen 'n sittende president aanhangig maak.

China en Rusland het gewaarsku dat 'n direkte aksie teen die Soedannese president by die VN alle toekomstige vredesonderhandelinge sal skaad.

games noалександр лобановский супермаркет класс