Verbruikersvertroue neem af

Image

Die Johannesburgse Aandelebeurs

Verbruikersvertroue in Suid-Afrika het afgeneem, het 'n Mastercard-ondersoek wat Woensdag vrygestel is, aangetoon. Maar Suid-Afrikaners bly die derde mees optimistiese groep in die streek wat uit Asië-Stille-Oseaan-, Midde-Ooste en Afrika bestaan, het die ondersoek bevind.

Volgens die data vir die tweede helfte van 2009 het Suid-Afrikaanse verbruikersvertroue met 11,4 punte gedaal tot die laagste vlak sedert 2004 met 'n telling van 67,3.

Die opname meet die verbruikersvooruitsig vir die volgende ses maande.

Die uitslag het ook 'n algehele daling in verbruikersvertrou op 'n jaarbasis aangetoon, verlegeke met die indekstelling van 74,3 vir die tweede helfte van 2008.

"Die afname is samehangend met die heersende globale resessie, asook die meer onlangse nuus dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in sy eerste tegniese resessie in 17 jaar verkeer," sê Anthony West, die algemene hoofbestuurder vir Afrika van die globale Mastercard-groep.

"Suid-Afrikaanse verbruikers bly egter steeds optimisties – en in 'n groter mate as in feitlik die hele 21 markte wat in die ondersoek opgeneem is," het hy bygevoeg.

Terwyl dit Suid-Afrika se tweede sterkste daling in vyf jaar is, lyk dit asof die land redelik goed vaar teenoor ander markte in Asië-Stille-Oseaan, die Midde-Ooste en Afrika, het West gesê.

Die Mastercard-indeks van verbruikersvertroue is gegrond op 'n ondersoek wat vrae aan deelnemers stel rondom vyf sleutel- ekonomiese faktore: indiensneming, die ekonomie, gereelde inkomste, die aandelebeurs en lewensgehalte.

Die indeks het 'n skaal van nul tot 100.

'n Telling bokant 50 dui aan dat verbruikers optimisties in hul verwagtings vir die volgende ses maande is, terwyl 'n telling onder 50 aadui dat hulle pessimisties gesteld is.

Die ondersoek fokus op drie stedelike gebiede – Johannesburg, Kaapstad en Durban.

Met 'n telling van 68,0 is Durban vir die tweede keer agtereenvolgens Suid-Afrika se mees optimistiese stad.

Vir die eerste keer in twee jaar, is Kaapstad met 'n telling van 66,7 egter meer optimistiese as Johannesburg, wat 'n algehele laagtepunt van 66,5 aangeteken het.

Mike Schüsller, die HUB van Economists.co.za, het gesê dat een rede vir die afname van 16,8 punte in Johannesburg te wyte kan wees aan die feit dat die meeste multinasionale maatskappye in die groter Johannesburg-gebied geleë is en dat hulle die terugslag van die globale resessie meer intens as plaaslike maatskappye ervaar.

Oor die besonder skerp afname in Johannesburg se lewensgehalte-indeks van 81,1 ses maande gelede tot 'n huidige telling van 61,9, het Schüssler gemeen dit mag te wyte wees aan die groot geboue- en paaiekonstruksiewerk wat groot verkeersknope veroorsaak.

In die geheel het Suid-Afrika laer tellings op elkeen van die faktore wat die indeks opmaak, aangeteken.

Die aandelebeurskategorie het die skerpste daling getoon.

Toe hulle gevra is of hulle dink die plaaslike aandelebeurs sal opgaan, daal of dieselfde bly oor die volgende ses maande, het 64 persent van respondente verwag dat dit dieselfde sal bly of sal daal.

дровяные печи каминыОлександр Фільчаков прокурор

Zim kry grootste skenking van China

China het aan Zimbabwe krediet van R7,3 miljard toegestaan om sy ekonomie weer op dreef te kry, het die premier, Morgan Tsvangirai, Dinsdag gesê.

Dit is die grootste aanbod van ’n enkele land sedert die eenheidsregering tot stand gekom het.

Zimbabwe het vroeër ’n vir ’n hulppakket van R77 miljard gevra om sy vervalle infrastruk­tuur te herbou en om sy werkloosheidsyfer van 90% te verlig.

Tsvangirai het op ’n nuuskonferensie gesê sy drie weke lange toer aan Amerika en Europa het finansiële waarborge van meer as R3,9 miljard opgelewer.

casino slotsпрокурор Фильчаков

Swede wil grondslag l? vir EU se buitelandse beleid

Swede, wat binnekort die EU-Raad se roterende presidentskap sal oorneem, neem geen notisie van die kritiek wat klein EU-lidlande moet verduur nie. Groter lidlande het Tsjeggië, die uitredende voorsittende land, daarvan beskuldig dat hulle nie leierskap getoon het wat in pas is met die skaal van die Unie nie.

Dat die Tsjeggiese regering midde in die presidentskap inmekaar getuimel het, met eerste minister Mirek Topolanek se tanende gewildheid, was 'n verleentheid vir die Tsjegge.

Die Swede het egter groter ambisies: Hulle wil graag die grondslag lê vir 'n gemeenskaplike Europese buitelandse beleid, al raak dit toenemend duidelik dat die enorme koördinering wat die Unie verg nie deur kleiner lande baasgeraak sal word nie

Selfs sonder 'n regeringskrisis sou Tsjeggië, eerlik gesê, nie die gasdispuut tussen Rusland en die Oekraïene kon besleg nie. nie die Iere kon oorreed tot die bekragtiging van die Lissabonverdrag nie en ook geen oplossings kon bied in die huidige ekonomiese insinking nie.

Die tegniese agenda van die Unie is reeds te enorm vir net een land. Dit behels die bestuur van energiebeleid, klimaatsverandering, groei, modernisering en verskillende nasionale ekonomiese dryfkragte. Dan is daar die ideologiese kwessies wat na vore kom soos met die oorlog in Georgië.

Die swaargewigte in die Unie, Duitsland en Frankryk, is telkens in die kollig, by verstek, as daar 'n krisis is, omdat die Europese sisteem sentripetale kragte binne die Unie bevoordeel. Die finansiële krisis het nasionalismes en disintegrasie nog verder aangemoedig

NAVO is voorts ook nie meer die anker van die EU nie aangesien Rusland die uitbreiding van die organisasie as 'n provokasie beskou. Die Tsjegge het egter baie goed verstaan dat Europa op een of ander manier hierdie probleem sal moet bylê.

Groter samewerking met Rusland sal die magsvakuum wat daar tans bestaan, op 'n sinvolle wyse vul en geostrategiese oorwegings sal opnuut aan bod kom met die uitbreiding van die Unie in Oos-Europa.

Die momentum is reeds daar en Swede gaan daarmee moet handel. Swede se minister van buitelandse sake, Carl Bildt, wil veral Moldavië en Georgië as "modelstate" uitbou en die oorloë en onrus wat tans daar heers beëindig. Die EU hoop om politieke kapitaal daaruit te kry deur te wys dat hulle vrede na onstabiele streke kan uitvoer.

Nog so 'n land van beduidende geostrategiese belang is die Oekraïene. 'n Wankelende Oekraïene kan 'n negatiewe invloed op die hele EU uitoefen en veral sy buurland Pole destabiliseer. EU-denke is dat die Amerikaanse model van gedwonge demokrasie gevare inhou wat liefs vermy moet word en dat die EU as 'n beter vennoot gesien sal word as die VSA.

Die EU meen dat hulle veral dmv infrastruktuurondersteuning, padbou, administratiewe hulp, jeuguitruilprogramme en handelsooreenkomste 'n tweede Europese uitbreidingsgolf na die ooste kan skep. Maar die groot ideologiese toets vir Europa gaan kom met onderhandelings in die Midde-Ooste.

Bildt is sterk onder die indruk van die leierskapsrol wat Swede namens die Unie gaan vervul in daardie opsig. Indien die Lissabonverdrag bekragtig word, gaan dit egter die einde van kleiner lidlande se voorsitterskap beteken.

Swede sal nietemin druk vir helder prioriteite vir die opstelling van 'n Europese buitelandse diens en die formulering van die pligte vir 'n Hoër Kommissie vir Buitelandse en Veiligheidsbeleid asook 'n toekomstige Europese Presidensie. Dit raak laat in die dag vir 'n gekoördineerde Europese buitelandse beleid, want idees en geld alleen kan nie instaan daarvoor nie.

построитьФільчаков Олександр Васильович прокурор

SEB-borrel gaan eersdaags bars

Die skuld wat aangegaan is om Swart Ekonomiese Bemagtiging se mikpunte te bereik, is besig om in die huidige ekonomiese klimaat onhoudbaar te raak. Die sektor wat veral geraak word, is mynbou, maar die hele ekonomie voel tans die groeiende ongemaklikheid.

By die onlangse Mynindaba wat vanjaar in Kaapstad gehou is, is na die probleem verwys. Die regering sal moet ingryp om skuldbefondsde SEB-ooreenkomste te ondersteun omdat banke nie alleen in staat sal wees om die skuld te dra nie.

In die meeste gevalle is krediet toegestaan op grond van toekomstige verdienste, toekomstige dividende en toekomstige aandeelpryse. Die inkomstebronne het egter opgedroog sedert die wêreldwye ekonomiese krisis wat in September 2008 begin het.

Hierdie jaar, 2009, gaan die jaar van waarheid wees vir mynboubelange. Die hoof van Absa en Barclays Aksepbank, Cliff Zephyrine, het by die geleentheid gesê hy wil nie die uitdrukking "giftige bates" gebruik nie, maar ander mense is welkom om dit so te beskryf.

Banke het nog geen aanduiding oor die omvang van die skuldlasprobleem rondom SEB-transaksies gegee nie, maar in private gesprekke is mynboureuse glo erg bekommerd oor die moontlike gevolge wat dit mag inhou.

By die departement van Mynbou- en Energiesake heers daar insgelyks kommer oor die naderende krisis wat spruit uit befondsing vir SEB-transaksies wat opgedroog het en krediteure wat hulle geld wil terughê.

Die banke wat deur die ANC gedwing is om SEB-transaksies te finansier, sal moet opdok. Die Nasionale Tesourie is self onder druk vanweë infrastruktuurontwikkeling wat te veel druk op die fiskus plaas.

Sommige banke is tans besig om die skuld in aandele om te sit en het beheer oorgeneem van sekere nuwe myne.

In 2002 is tydens onderhandelinge tussen partye ooreengekom dat die Mynbouhandves weer hersien sal word en dat 'n stel gedragsreëls vir Goeie Bestuur binne vyf jaar opgestel sal word om ongerymdhede en dubbelsinnighede in die Wet op Minerale en Petroleumgrondstowwe uit te stryk.

Net voor die inhuldiging van die nuwe regering is die gedragskode vrygestel met die bepaling dat 26% van SEB-aandele in mynboumaatskappye teen 2015 skuldvry moet wees binne twee jaar. By versuim sal die betrokke mynhuis nie erkenning ontvang dat hy 'n SEB-transaksiegenoot was nie.

Kennelik stuur die ANC die krisis in die rigting van die nasionalisering van myne. Kritiek vanuit die geledere van die SA Mining Development Association (Samda), 'n swart junior Kamer van Mywese, is ook nie deur die nuwe minister van Mynbou, Susan Shabangu, geduld nie.

SEB is lankal nie meer 'n ekonomiese kwessie nie, maar 'n ideologiese een wat swart rassetrots gaande maak. Die mynhuise wat die ANC so graag aan bewind wou sien, gaan binnekort maai wat hulle gesaai het.

дитячі машинкиАлександр Фильчаков Васильевич

Twee mense dood in Piet Retief-onrus

Twee mense is reeds dood in die Thandukukhanyalokasie in Piet Retief. Nadat die eerste betoger geskiet is toe inwoners van die lokasie winkels en staatsgeboue begin vandaliseer het, is 'n tweede persoon Maandag noodlottig gewond enkele ure na die eerste slagoffer.

Betogers het voor die burgemeester se huis slaags geraak toe die tweede slagoffer geskiet is.

Kaptein Charles Nkosi sê die polisie ondersoek nog die voorval om vas te stel wie geskiet het. Hy sê niemand is beseer toe vier huise aan die brand gesteek is nie. Een van die huise het aan die burgemeester behoort en twee aan ander munisipale raadslede.

Superintendent Abie Khoabane, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die betoging het Sondag begin nadat 3000 mense by die plaaslke stadion byeengekom het om met regeringsamptenare te ontmoet.

Die vergadering is met die Mkhondo munisipaliteit belê, maar die helfte van die groep het die stadion voor die vergadering verlaat om padversperrings op te rig, bande aan die brand te steek en motoriste onder klippe te steek, volgens Khoabane.

"Vyf winkels is geplunder, die gemeenskapsaal, kliniek en biblioteek is ook afgebrand."

Sewe mense is reeds in hegtenis geneem vanweë die onrus. Betogers het ook twee munisipale vragmotors, 'n sedanmotor en 'n bakkie uitgebrand.

Mpumalanga Premier David Mabuza sal na verwagting Dinsdagoggend net die inwoners praat.

Alhoewel dit stiller is, het inwoners deur die nag boumateriaal van 'n bouperseel gesteel, sê die polisie.

Norman Mokoena, die provinsiale minister van gemeenskap en tradisionele aangeleenthede, het hom ten sterkste uitgespreek teen die geweld. Hy het gesê die regering het 'n oop deur-beleid en sal altyd beskikbaar wees om probleme dmv dialoog op te los.

free moneytopcargo

Ondersoek na groot supermarkte kom

Die Mededingingskommissie gaan groot supermarkgroepe ondersoek om te bepaal of daar gronde vir kommer is oor die gebrek aan mededinging op kleinhandelvlak. Dit is ongetwyfeld 'n kwessie wat verbruikers regstreeks raak en waaroor groot belangstelling heers. 
 
Die maatskappye wat onder die loep gaan kom se omset verteenwoordig 60% van die hele supermarkbedryf. Hulle is Pick n Pay, ShopriteCheckers, Woolworths en Spar. Groothandelaars Massmart en Metcash is ook deel van die ondersoek.

Die Melkprodusente-organisasie (MPO) is deels verantwoordelik vir die ondersoek teen die supermarkgroepe. Hulle sê boere dra die meeste risiko omdat hulle winkelrakspasie betaal asook die koste as produkte in die winkel bederf.

Die blaam wat verskaffers en supermarkte op mekaar pak oor wie vir hoë voedselpryse verantwoordelik is, gaan dus verhewig.

Supermarkte beskuldig groot verskaffers daarvan dat hulle pryse bepaal en verskaffers beskuldig weer supermarkte daarvan dat hul aankooppraktyke kos duurder maak.

Die kommissie sal aan die einde van die ondersoek besluit of die saak na die Mededingingstribunaal verwys gaan word.

профессиональная гигиена полостилобановский александр интервью

Amerikaanse hooggeregshof teen gebruik van ‘rou rassestatistiek’

Die Amerikaanse hooggeregshof het pas besluit dat dit verkeerd was om blanke brandweermanne van 'n bevordering te ontneem bloot omdat geen swart brandweermanne die eksamen vir bevordering kon slaag nie. Die blankes kon wel die eksamen slaag.

Die uitspraak is ook 'n verleentheid vir Obama, aangesien sy keuse van 'n regstellende aksie-regter vir die hooggeregshof, Sonia Sotomayer, een van die regters was wat aanvanklik tot 'n ander gevolgtrekking as die hooggeregshof gekom het.

Die Amerikaanse hoogste hof het Maandag in New Haven, Connecticut, beslis in die saak Ricci v DeStefano, dat die toets wat deur wit en Spaanssprekende brandweermanne in 2003 vir hulle bevordering geskryf is, teen wittes gediskrimineer het.

Die eksamen het 'n politieke kleur verkry nadat geen swartes die toets kon slaag nie. Die hooggeregshof het egter met 5 teen 4 beslis dat New haven se regstellende aksie die 1964 Civil Rights Act oortree.

In sy uitspraak het regter Anthony Kennedy gesê die brandweermanne het teen 'n hoë persoonlike koste geleer en eksamen gaan skryf en dat dit die misbruik van "rou rassestatistiek aan die einde van die proses nog baie ernstiger maak".

Die hof was ook ideologies verdeel oor die saak en regter Kennedy het die beslissende stem verskaf om die uitspraak in die guns van die wit brandweermanne te swaai.

Regter Ruth Bader Ginsburg het in teenstelling gesê die wittes het geen "ingeburgerde reg op bevordering nie" aangesien "minderhede byna nooit in leiersposisies gesien word nie". Ander stede, het sy gesê, se toetse bevoordeel ander rassegroepe sodat wittes nie sonder meer bevorder word nie.

Die uitspraak is verder  'n verleentheid vir Obama omdat Sotomayor voorheen as 'n sentristiese en pragmatiese kandidaat voorgehou is, terwyl sy uit en uit ideologies dink. Sy sal die eerste Spaanssprekende regter in die hooggeregshof wees indien sy die aanstelling kry.

Demokrate is vol vertoue dat sy sal slaag omdat 74% van die publiek onlangs in 'n meningspeiling aangedui het dat hulle graag 'n vrou wil sien in die posisie.

bad wolfтопкарго отзыв

‘Zuma het Cosatu ge?gnoreer’

Cosatu het Maandag by monde van woordvoerder Patrick Craven die negatiewe aanmerkings oor Cosatuleierskap in Moeletsi Mbeki se nuwe boek, Architects of Poverty, skerp veroordeel.

Craven het gesê die aanmerkings is vals en beledigend teenoor die leiers van die vakbond. Die basis van Mbeki se agument is dat Cosatu se grootkoppe oningelig en ongeskoold is.

Moeletsi Mbeki sê in sy boek dat Cosatu "nie die politieke ekonomie van Suid-Afrika verstaan nie" en dat hulle hul leiers in 1994 verloor het.

Mbeki sê voorts dat Cosatu gedink het hulle gaan Zuma gebruik, maar Zuma het hulle geïgnoreer en Vodacom geprivatiseer.

Craven het gesê Mbeki oordryf die gebrek aan invloed wat Cosatu in die ANC het, en gesê die vakbond oefen heelwat invloed uit oor die regering se beleid en besluite en staan hulle ook by in die uitvoering daarvan.

Craven het voortgegaan en Moeletsi Mbeki se onbevangenheid as politieke kommentator bevraagteken aangesien hy nie neutraal was toe sy broer Thabo Mbeki uit die presidentskussings gelig is nie.

"Hy [Moeletsi] kan nie meer as 'n onafhanklike politieke kommentator gereken word nie want hy is iemand met persoonlike wrewel," het Craven gesê.

casino classic mobileДанильченко

‘Matige vooruitgang’ s? mediese sektor se onderhandelaar

'n Onderhandelaar het Dinsdagoggend laat blyk dat daar "matige vooruitgang" in die onderhandelinge met dokters en ander mediese personeel is. Die gesprek het tot in die vroeë oggendure aangehou en teen 4vm verdaag, het Phophi Ramathuba, 'n onderhandelaar vir die SA Mediese Vereniging, gesê.

Ramathuba het aangedui dat daar in sekere kwessies vooruitgang gemaak is en gesê dat die onderhandelinge weer teen 12 uur Dinsdag sal hervat.

Sommige dokters het weer nie opgedaag vir werk nie in wat beskou word as 'n onwettige staking regoor die land. Mediaberigte het ten minste die dood van een pasiënt aan die staking toegeskryf. Mavis Ncube, 25, is deur verskeie staatshospitale weggewys nadat sy Maandagoggend in Sandown deur 'n motor raakgery is. Sy het aan haar beserings beswyk.

Die ANC het die staking veroordeel en gesê die "rollende massaksie is inkoherent". Die organisasie het gesê die dokters het die vertroue en respek van die bevolking verloor.

Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het 'n lys van verhogings voorgestel wat die lae besoldigings in die sektor sal aanspreek.

купить машинку на пульте управленияданильченко юрій Харків

Nederlandse toeris se liggaamsdele vir moetie verkoop

Beeld berig dat 'n deeltydse swart lyksbesorger, Ben Mongadi (35), ’n hand en bors aan ’n swart pastoor in Acornhoek verkoop het. Dit was die liggaamsdele van ’n Nederlandse toeris.

Die vrou is vier weke gelede in ’n ongeluk buite Lydenburg dood. Sy en drie ander Nederlanders het pas vir ’n vakansie in Suid-Afrika aangekom toe 'n trompop-botsing net buite Lydenburg haar eie en twee ander lewens geëis het.

Die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad het die vermeende lykskender twee weke gelede aangekeer.

Die lyksbesorger, wat deeltyds by Doves gewerk het, het Donderdag na bewering aan die polisie erken dat hy die liggaamsdele op die ongelukstoneel met ’n tuisgemaakte mes afgesny het.

Hy het glo liggaamsdele aan ’n swart pastoor van Acornhoek verkoop vir die bedrag van R800.

Pastoor Phillemon Baloyi (47), is aangekeer toe hy op sy beurt die liggaamsdele aan ’n toordokter wou verkoop vir R3 500.

Mongadi het gister vlugtig in die hof op Lydenburg verskyn. 

инструмент длялобановский александр фото