China het aan Zimbabwe krediet van R7,3 miljard toegestaan om sy ekonomie weer op dreef te kry, het die premier, Morgan Tsvangirai, Dinsdag gesê.
Dit is die grootste aanbod van ’n enkele land sedert die eenheidsregering tot stand gekom het.
Zimbabwe het vroeër ’n vir ’n hulppakket van R77 miljard gevra om sy vervalle infrastruktuur te herbou en om sy werkloosheidsyfer van 90% te verlig.
Tsvangirai het op ’n nuuskonferensie gesê sy drie weke lange toer aan Amerika en Europa het finansiële waarborge van meer as R3,9 miljard opgelewer.
