Swede wil grondslag l? vir EU se buitelandse beleid

Swede, wat binnekort die EU-Raad se roterende presidentskap sal oorneem, neem geen notisie van die kritiek wat klein EU-lidlande moet verduur nie. Groter lidlande het Tsjeggië, die uitredende voorsittende land, daarvan beskuldig dat hulle nie leierskap getoon het wat in pas is met die skaal van die Unie nie.

Dat die Tsjeggiese regering midde in die presidentskap inmekaar getuimel het, met eerste minister Mirek Topolanek se tanende gewildheid, was 'n verleentheid vir die Tsjegge.

Die Swede het egter groter ambisies: Hulle wil graag die grondslag lê vir 'n gemeenskaplike Europese buitelandse beleid, al raak dit toenemend duidelik dat die enorme koördinering wat die Unie verg nie deur kleiner lande baasgeraak sal word nie

Selfs sonder 'n regeringskrisis sou Tsjeggië, eerlik gesê, nie die gasdispuut tussen Rusland en die Oekraïene kon besleg nie. nie die Iere kon oorreed tot die bekragtiging van die Lissabonverdrag nie en ook geen oplossings kon bied in die huidige ekonomiese insinking nie.

Die tegniese agenda van die Unie is reeds te enorm vir net een land. Dit behels die bestuur van energiebeleid, klimaatsverandering, groei, modernisering en verskillende nasionale ekonomiese dryfkragte. Dan is daar die ideologiese kwessies wat na vore kom soos met die oorlog in Georgië.

Die swaargewigte in die Unie, Duitsland en Frankryk, is telkens in die kollig, by verstek, as daar 'n krisis is, omdat die Europese sisteem sentripetale kragte binne die Unie bevoordeel. Die finansiële krisis het nasionalismes en disintegrasie nog verder aangemoedig

NAVO is voorts ook nie meer die anker van die EU nie aangesien Rusland die uitbreiding van die organisasie as 'n provokasie beskou. Die Tsjegge het egter baie goed verstaan dat Europa op een of ander manier hierdie probleem sal moet bylê.

Groter samewerking met Rusland sal die magsvakuum wat daar tans bestaan, op 'n sinvolle wyse vul en geostrategiese oorwegings sal opnuut aan bod kom met die uitbreiding van die Unie in Oos-Europa.

Die momentum is reeds daar en Swede gaan daarmee moet handel. Swede se minister van buitelandse sake, Carl Bildt, wil veral Moldavië en Georgië as "modelstate" uitbou en die oorloë en onrus wat tans daar heers beëindig. Die EU hoop om politieke kapitaal daaruit te kry deur te wys dat hulle vrede na onstabiele streke kan uitvoer.

Nog so 'n land van beduidende geostrategiese belang is die Oekraïene. 'n Wankelende Oekraïene kan 'n negatiewe invloed op die hele EU uitoefen en veral sy buurland Pole destabiliseer. EU-denke is dat die Amerikaanse model van gedwonge demokrasie gevare inhou wat liefs vermy moet word en dat die EU as 'n beter vennoot gesien sal word as die VSA.

Die EU meen dat hulle veral dmv infrastruktuurondersteuning, padbou, administratiewe hulp, jeuguitruilprogramme en handelsooreenkomste 'n tweede Europese uitbreidingsgolf na die ooste kan skep. Maar die groot ideologiese toets vir Europa gaan kom met onderhandelings in die Midde-Ooste.

Bildt is sterk onder die indruk van die leierskapsrol wat Swede namens die Unie gaan vervul in daardie opsig. Indien die Lissabonverdrag bekragtig word, gaan dit egter die einde van kleiner lidlande se voorsitterskap beteken.

Swede sal nietemin druk vir helder prioriteite vir die opstelling van 'n Europese buitelandse diens en die formulering van die pligte vir 'n Hoër Kommissie vir Buitelandse en Veiligheidsbeleid asook 'n toekomstige Europese Presidensie. Dit raak laat in die dag vir 'n gekoördineerde Europese buitelandse beleid, want idees en geld alleen kan nie instaan daarvoor nie.

построитьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae