Willie Spies tree as LP uit

Image

Willie Spies

Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Mulder en sy Gautengse LP, mnr. Willie Spies, het vandag in ‘n gesamentlike verklaring bekend gemaak dat mnr. Spies op 31 Augustus vanjaar as LP gaan uittree.

Spies bly ‘n lid van die VF Plus en sy strukture.

Dr. Mulder het sy spyt met mnr. Spies se besluit uitgespreek en dat dit 'n groot verlies vir die VF Plus in die Parlement, maar ook vir die Parlement as geheel gaan wees.

"Mnr Spies se kundigheid, toegewydheid en entoesiasme sal in die Parlement gemis word. Ek het groot waardering vir sy bydrae die afgelope vyf jaar in die Parlement en is dankbaar dat hy steeds 'n rol in die VF Plus en sy strukture gaan speel waar hy 'n bydrae in belang van die Vryheidsfront Plus sal maak," het dr. Mulder gesê.

Spies het in die verklaring gesê dat hy besluit het om hom voortaan op sy prokureurspraktyk toe te spits en dat hy in daardie hoedanigheid, as deel van die burgerlike samelewing, hom steeds sal toewy aan die ideale van ‘n Christelike waardestelsel, minderheidsregte, die bevordering van Afrikaans in ‘n veeltalige samelewing en meriete in die werksplek.

Spies is as prokureur betrokke by ‘n verskeidenheid gedinge wat deur die VF Plus geïnisieer is namens die pensioenarisse van Transnet, die inwoners van George Padkamp asook die straatnaam- en stadsnaamgedinge in Pretoria. Hierdie inisiatiewe sal voortgaan in belang van die mense en instansies wat daarby betrokke is.

Die party sal mettertyd ‘n opvolger vir Spies aanwys.

купить свитер мальчику 8 летдепутат лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae