Ondersoek na groot supermarkte kom

Die Mededingingskommissie gaan groot supermarkgroepe ondersoek om te bepaal of daar gronde vir kommer is oor die gebrek aan mededinging op kleinhandelvlak. Dit is ongetwyfeld 'n kwessie wat verbruikers regstreeks raak en waaroor groot belangstelling heers. 
 
Die maatskappye wat onder die loep gaan kom se omset verteenwoordig 60% van die hele supermarkbedryf. Hulle is Pick n Pay, ShopriteCheckers, Woolworths en Spar. Groothandelaars Massmart en Metcash is ook deel van die ondersoek.

Die Melkprodusente-organisasie (MPO) is deels verantwoordelik vir die ondersoek teen die supermarkgroepe. Hulle sê boere dra die meeste risiko omdat hulle winkelrakspasie betaal asook die koste as produkte in die winkel bederf.

Die blaam wat verskaffers en supermarkte op mekaar pak oor wie vir hoë voedselpryse verantwoordelik is, gaan dus verhewig.

Supermarkte beskuldig groot verskaffers daarvan dat hulle pryse bepaal en verskaffers beskuldig weer supermarkte daarvan dat hul aankooppraktyke kos duurder maak.

Die kommissie sal aan die einde van die ondersoek besluit of die saak na die Mededingingstribunaal verwys gaan word.

профессиональная гигиена полостилобановский александр интервью