220 Dorpe hou belasting terug

Omtrent 220 dorpe hou hulle munisipale belasting terug weens swak dienslewering, het die nasionale belasting betalersvereniging Donderdag (NTU) gesê.

NTU raadslid Jaap Kelder het gesê dorpe is siek en sat van slaggate, wateronderbrekings, onvoldoende rommelverwydering en oorgroeide bosse langs die pad, en het daarom besluit om hulle munisipale belastings “terug te hou” tot die dienste verbeter is.

“Dit is nie ‘n belastingboikot nie…ons hou die geld terug. Dit is baie belangrik om die onderskeid te maak.”

Die inwoners betaal die geld in ‘n trustrekening en die geld sal oorbetaal word aan die munisipaliteite wanneer die griewe uitgesorteer is,” het hy gesê.

Kelder het gesê die inisiatief, wat onderneem is deur lede van die belastingbetalersverenigings in verskeie dorpe het in 2005 begin, met inwoners wat formele dispute verklaar het met hulle munisipaliteite oor swak dienslewering.

Die munisipale belastings word in ‘n fonds in betaal wat deur die belastingbetalers vereniging bestuur word of in ‘n trustfondsrekening.

“Dit sal aangaan vir solank as wat die dienste nie gelewer word nie,” het Kelder gesê.

In sommige dorpe het inwoners begin om verskeie munisipale funksies self te verrig.

“Indien hulle nie diens lewer nie, doen die inwoners dit self,” het hy gesê.

Op ‘n vraag van hoe die munisipaliteite kan diens lewer as hulle nie betaal word nie, het Kelder gesê: “Hulle het die geld gehad om dit te doen, maar dit was nie gedoen nie. Werk nou eers en dan sal ons betaal.”

“Dit gaan nou al aan vir 4 jaar en eers nou begin ons ‘n reaksie kry van die regering.”

Die regering het reeds gereageer op die inwoners se griewe in die vorm van optrede deur die nasionale tesourie, het hy gesê.

Die SA Plaaslikeregeringsvereniging het Donderdag gemeenskappe aangemoedig om in vennootskappe te gaan met munisipaliteite in ‘n poging om diens te verbeter, eerder as om hulle belasting terug te hou.

‘n Woordvoeder het gesê: “Ons moedig almal aan om in vennootskappe te gaan met die munisipaliteite om dienslewering te verbeter. Alle munisipaliteite het openbarevennootskapprogramme in plek….maar om belasting te weerhou verswak die munisipaliteite net verder. Hulle het geld nodig om dienslewering vol te hou en te verbeter,” het hy gesê.

фонарь подвесной уличныйОлександр Фільчаков прокурор

SA het soveel as 40 nuwe steenkoolmyne nodig

ImageSuid-Afrika het soveel as 40 nuwe steenkoolmyne nodig teen 2020, het Eskom Woensdag gesê.

Dit sal ‘n belegging van tot R110 miljard insluit in die steenkoolmynbedryf tussen nou en 2020 – en ‘n groot aantal mynregte sal moet toegestaan word in ‘n kort tydsbestek, het Eskom se steenkoolspesialis Johan Dempers tydens ‘n steenkoolkonferensie in Johannesburg gesê.

Volgens Dempers se aanbieding, behoort die land sowat 374 miljoen ton steenkool te produseer teen 2018 om aan die groeiende aanvraag te kan voldoen. Teen daardie tyd sou Suid-Afrika na verwagting 385 miljoen ton moes produseer, wat die voorsieningsbuffer tussen nasionale steenkoolaanvraag en produksie baie dun sal laat op net 3%, het Dempers in sy aanbieding gesê.

Totale Suid-Afrikaanse steenkoolaanvraag was verwag om toe te neem met meer as 40% in die volgende 10 jaar as gevolg van ‘n verhoring in uitvoer om globale aanvraag te kan voorsien, en ook die behoefte van Sasol vir sy steenkool tot brandstofaanlegte.

Dempers het gesê dat 7 nuwe mynregte toegeken is teen die einde van 2008, met nog 8 geskatte regte wat toegeken kan word in 2009.

‘n Totaal van 600 addisionele ingenieurs sal benodig word om die nuwe myne oop te maak.

“Addisionele geskoolde arbeidstekorte word voorspel oor die volgende 5 jaar,” het hy gesê.

Steenkoolvervoer infrastruktuur moet ookontwikkel word, met ‘n teiken om net 2% van die steenkool per pad te vervoer.

Dit, het Dempers gesê sal groot beleggings en samewerking vereis om ‘n sterker vervoernetwerk te skep, sterker en uitgebreide spoornetwerk en voldoende laai en aflaai fasiliteite.

“Indien ons nie gaan optree nie, of te stadig gaan optree, gaan daar verreikende gevolge wees vir die voorraad van steenkool en diekoste van elektrisiteit – die versekering van ‘n steenkool voorraad in die toekoms is ‘n nasionale probleem wat ‘n nasionale oplossing verg.”

free bonus slotsДанильченко

Spesialiseenhede oefen vir die W?reldbeker

Die SA polisie en die SA nasionale weermag gaan gesamentlike oefeninge hou volgende week om sekuriteitsmaatreëls te oefen vir die 2010 Wêreldbekersokkertoernooi.

“Die spesifieke oefening is gemik om ons sekuriteitsvaardighede op te skerp om ‘n veilige omgewing te skep in die gasheerstede gedurende groot gebeurtenisse, insluitend die beveiliging van die nasionale lugruim,” het woordvoerder Sally de Beer Woensdag in ‘n verklaring gesê.

Die oefening gaan plaasvind in 4 stadions en sommige vliegvelde in Gauteng en Noordwes.

Sommige van die topeenhede in die veiligheidsmagte sal deelneem in gesimuleerde scenario’s en noodplanne oefen om enige vorm van bedreiging uit die lug af te weer, het de Beer gesê.

“Die operasie word beskou as ‘n uitstekende opleidingsgeleentheid vir die sekuriteitspersoneel wat ontplooi gaan word gedurende die FIFA Konfederasiebeker in Junie vanjaar en die 2010 FIFA Wêreldbeker wat net meer as 12 maande weg is.”

Die polisie-eenhede wat aangewend gaan word sluit in die spesiale taakmag, die nasionale intredingseenheid, die nasionale lugvleuel, die honde-eenheid, bomopruiming en gyselaarsonderhandelaars, en ook komponente van grense en hawenseenhede.

Omdat die oefening gemik is daarop om die lugruim te beveilig, gaan die SA Lugmag, in noue samewerking met die lugverkeerbeheer van die departement van vervoer ‘n belangrike rol speel.

“Die departemente sal sterk ondersteun word deur die burgerlugvaartowerheid en verskeie ander elemente van die SANW en regeringskoördinasiestrukture, wat geïntegreerde inter-departementele ondersteuning sal voorsien aan die SA polisie.”

Die burgerlugvaartowerheid het reeds kennisgewings gegee aan alle lugpersoneel (NOTAM) dat vlugte beperk gaan word – maar nie verbied nie – in sekere lugruimgebiede oor Johannesburg, Pretoria (Gauteng) en Rustenburg (Noordwes).

“Met die uitsondering van geskeduleerde of staatsvlugte, moet alle ander vliegtuie wat die beperkte lugruim wil ingaan tussen 16 en 19 Maart voldoen aan bepalings.”

“Dit sluit in die aansoek om toestemming om te vlieg ten minste 24 uur voor die tyd, die indien van ‘n vlugplan, die vliegtuig moet toegerus wees met ‘n transpondeerder en onderworpe wees aan ‘n inspeksieproses.”

Enige vliegtuig wat die tydelik beperktelugruim binnegaan sonder die voorgeskrewe toestemming mag onderskep word.

De Beer het gesê daar gaan baie aktiwiteit in die lug wees in Johannesburg, Pretoria en Rustenburg, veral oor Soccer City, Ellispark, Loftus en die Koninklike Bafokeng stadions.

roulette double bet strategyОлександр Фільчаков прокурор

Byna 200 Transkeise kinders opgeneem vir voedselvergiftiging

‘n Leerling van ‘n skool in Centane, Transkei, is gehospitaliseer en 88 ander is Woensdag behandel en ontslaan na ‘n vermoedelike uitbraak van voedselvergiftiging, het die Oos-Kaapse departement van gesondheid gesê.

Departementele woordvoerder Sizwe Kupelo het gesê die leerlinge van Tekoberoepskool het begin kla van braking en maagkrampe nadat hulle hoender geëet het.

Hulle is na Butterworth hospitaal geneem.

Die insident het gevolg minder as 24 uur na 99 kinders van ‘n privaatskool by Dutywa hospitaal toe geneem is met dieselfde klagte.

Kupelo het gesê die departement het amptenare na beide skole gestuur om te kyk na hulle toestand van kos en water.детская ортодонтиятопкарго

Hani-weduwee temper Derby-Lewis se optimisme

ImageDie optimisme wat deur die regspan van Chris Hani se moordenaar, Clive Derby-Lewis, uitgespreek word na sy paroolaansoek was voortydig, het Chris Hani se weduwee Woensdag in ‘n verklaring gesê.

Dit volg na kommentaar aan die media deur Derby-Lewis se prokureur Marius Coertze dat die 73 jarige “vol hoop” is en “verwag om gou vrygelaat te word.”

Coertze is ook aangehaal as dat hy sou gesê het dat ‘n bottel vonkelwyn “op bystand” is.

“Ek moet dit duidelik stel dat nie ek of my regverteenwoordigers mnr. Coertze se optimisme deel nie,” het Limpho Hani gesê.

“In dieselfde verslae is Derby-Lewis aangehaal as dat hy gesê het: ‘Indien reg geskied het, gaan ek huis toe’ “

“Ons stem nie saam met Derby-Lewis se idee van reg nie. Hy het gedink dit is “reg” vir hom om my man te vermoor,” het sy gesê.

Hani se weduwee het gesê sy sal voortgaan om Derby-Lewis se parool teen te staan, en dat sy seker was dat die “oorweldigende meerderheid” van Suid-Afrikaners haar sal ondersteun daarin.

Derby-Lewis het aansoek gedoen vir parool op die basis dat hy ouer as 65 was en dat hy 15 jaar van sy lewenslange vonnis uitgedien het.

Derby-Lewis en sy medepligtige Janusz Walus is tot dood veroordeel vir die moord van die leier van die SA Kommuniste Party in 1993. Die vonnis is verminder tot lewenslange tronkstraf nadat die doodsvonnis afgeskaf is.

диагностика авто черезФильчаков прокурор отзывы

Nog ?n breinvliesontstekingsterfte in KZN

Te midde van nog vier gevalle van breinvliesontsteking in Gauteng, het KwaZulu-Natal sy eerste sterfte gehad van die siekte vanjaar.

Die skoolmeisie het Vrydag 25 Februarie siek geword en is nog dieselfde dag oorlede.

Sy het na die Shatsmedhospitaal gegaan en gekla van ‘n stywe nek, ligsensitiwiteit, hoofpyn en braking, het die departement in ‘n verklaring gesê.

In Gauteng is ‘n persoon wat gewoon het by die Sentrale Metodistekerk – ‘n veilige hawe vir duisende Zimbabwiërs – opgeneem in die hospitaal met breinvliesontsteking, het gesondheidsdepartement woordvoerder JP Louw gesê.

‘n Student van die universiteit van Pretoria word behandel vir breinvliesontsteking by die Meulmed Medi-kliniek en nog twee gevalle word behandel by die Tembisa hospitaal, het hy n ‘n verklaring gesê.

Breinvliesontsteking is ‘n infeksie van die breinvlies, die dun voering om die brein en die rugmurg. Simptome van die siekte sluit in erge hoofpyn, koors, braking, irriteerbaarheid, verminderde bewussyn en uitslag op die lyer se liggaam.

KwaZulu-Natal gesondheidsamptenare besoek skole om gesondheidsopvoeding te gee oor die siekte sodat simptome maklik raakgesien kan word.

Mense wat met die leerling kontak gehad het ontvang voorbehoedende medikasie.

In lyn met bestaande beleid, is voorbehoedende medikasie voorsien aan mense wat nabye kontak gehad het met die pasiënte in Gauteng.

internet casino onlineлобановский класс харьков

Gemeenskapsleiers speel rol in vreemdelinghaat

Gemeenskapsleiers het ‘n rol gespeel in die xenofobiese geweld in Mei 2008, het ‘n studie van die Internasionale Organisasie vir Migrasie wat Woensdag vrygestel is getoon.

“Die idee dat dit deur ‘n gesiglose skare veroorsaak is hou nie water nie,” het Jeanne Pierre Misago, ‘n navorser by die Geforseerde Migrasie Studies Program by Wits universiteit gesê.

“Gemeenskapsleiers was betrokke gewees.”

Hy het gesê plaaslike leiers het die xenofobiese aanvalle georganiseer om hulle geloofwaardigheid te verhoog in hulle gemeenskap.

“Hulle kan dan sê dat hulle die een ware leier van die gemeenskap is.”

Misago het gepraat omtrent die bevindings by ‘n konferensie by die Apartheidsmuseum in Johannesburg.

Misago het gesê die plaaslike leiers het ‘n koördinasie gehad in die organisering van die xenofobiese geweld in die naburige woongebiede.

Media het ook ‘n rol gespeel deur te wys hoe die skares suksesvol was in die stropery en ook die polisie se onvermoë om die situasie te kon hanteer.

clue board game onlineАлександр Фильчаков прокурор

Duisende kry onwettig geld

Ná ’n deeglike ondersoek het die spesiale ondersoekeenheid (SOE) gister gesê dat duisende staatsamptenare onwettige huissubsidies ontvang.

Mnr. Faiek Davids, adjunkhoof van die SOE, het gesê sowat R26 miljoen se onwettige huissubsidies is tussen Mei 2007 en Maart vanjaar aan 1 962 staatsamptenare oorbetaal.

“Die werkers was nie geregtig op die subsidies wat hulle ontvang het nie,” het hy gesê.

Die ondersoek het aanleiding gegee tot 724 strafregtelike vervolgings en 634 tugverhore.

Die SOE het ’n ooreenkoms met van die amptenare aangegaan om die geld terug te betaal. As dit gebeur kan die SOE hopelik R18 miljoen terugkry.дома интернетАлександр Фильчаков Васильевич

Man gekaap in Konstantiakloof

Twee gewapende mans het Dinsdagaand ‘n motoris genader by ‘n BP-vulstasie in Konstantiakloof en sy motor gekaap, het die polisie gesê.

“Die man het ingegaan by die winkel om iets te koop om te drink, en toe hy uitgekom het, het ‘n Honda Ballade langs hom gestop. Twee gewapende verdagtes het uitgeklim en hom beveel om uit te klim en plat te lê,” het kaptein Douglas Trollip Woensdag gesê.

Een va die gewapende mans het in sy bakkie geklim en weggery.

Geen skote is op die toneel gevuur nie en geen arrestasies is gemaak nie, het Trollip gesê.купить детскую косметикуАлександр Фильчаков Васильевич

Polisie en myners in skietgevegte

Twee onwettige myners is dood, 4 beseer en 113 gearresteer in ‘n operasie om hulle te verwyder uit ‘n ou mynskag in die Vrystaat Goudvelde.

Superintendent Motantsi Makhele het Dinsdag gesê dat onwettige myners tuisgemaakte ploftoestelle na die polisie gegooi het en mynskagte met lokvalle toegerus het in hulle pogings om te ontsnap. Polisie het teruggeskiet.

Een van die myners is dood en vier is hospitaal toe geneem met koeëlwonde, het hy gesê.

“Die ander myner is dood na hy probeer wegkruip het vir die polisie, en daar word vermoed dat hy versmoor het vanweë die hitte ondergronds.

Makhele het gesê Operasie Zama-Zama het op 16 Januarie begin in die ou skagte in Henneman, Odendaalsrus, Virginia en Welkom.

22 Ondergrondse mynwerkers is ookgearresteer, insluitend 3 kontrakwerkers.

Die wat gearresteer is, sal ‘n totaal van 514 klagtes in die gesig staar wat wissel van poging tot moord tot oortredings op die plofstofwet, diefstal van myneiendom, besit van gouddraende materiaal en betreding.

Gedurende die ondergrondse operasie het die polisie beslag gelê op geïmproviseerde ploftoestelle, geïmproviseerde ontstekers, knaldoppies, lonte met knaldoppies, lontkoord, kompakte gevormde ladings, elektriese ontstekers en rotsbreek ladings.

Hulle het ook 2042 kilogram gouddraende materiaal ter waarde van R1,2 miljoen gekonfiskeer, amalgaamballe ter waarde van R152,38, R40, 060 in kontant en voedsel.

Dit word vermoed dat die kontant gebruik is vir betalings wat ondergronds gemaak is, soos om kos en plofstowwe te koop, het Makhele gesê.

Daar sal nog soortgelyke operasies in die toekoms wees, het provinsiale polisiekommissaris Amon Mashego gesê.

“Ons ondersoeke toon dat die plofstowwe wat ons gekonfiskeer het, dieselfde is wat gebruik word in die opblaas van OTM’s, dus het die operasie nie net ‘n duik gemaak in die onwettige myners se operasies nie, maar ook in die sirkulasie van die plofstowwe,” het hy gesê.

Verlede week het Mpumalanga se polisie gewaarsku dat “die maag van die aarde” die onwettige myners sal insluk wat probeer om op onwettige manier ryk te word in die “ingewande” van die goudmyne in Barberton.

Dit was nadat die liggame van 19 onwettige myners, ook bekend as Zama-Zamas gevind is in die Consortmyn. Ten minste nog een liggaam moet nog uitgehaal word, het kaptein Leonard Hlathi gesê.

Hulle is dood van rookinaseming na ‘n vuur ondergronds uitgebreek het op 21 Februarie.

Polisie het 86 onwettige myners gearresteer in die naburige Shebamyn.

“Daar is vasgestel dat sommige van die mense wat onwettige myners is by die myne die land onwettig ingekom het, en dit gaan moeilik wees om hulle lande van oorsprong vas te stel,” het Hlathi gesê.

хамам что этоФильчаков Александр Васильевич